Antie Koekie

Koebaai Louisa

Posted on: Augustus 19, 2008

Liewe Louisa,

Toe jou favourite Antie nou gister by jou gaan inloer het, het ek so gewens ek kon jou vat vir ‘n groot stuk gebakte kaaskoek by Gloria Jean’s.My siel! Dis lekkerder as lekker!!

Nie omdat ek verskriklik jammer is vir jou nie –no way, José! Ek dink jy is so dapper en met jou voete so plat op die aarde soos wat ‘n mens maar kan wens om te wees.

Nee, Antie wou jou na ‘n coffee shoppe vat, sodat jy bietjie kon terusit en jou PVA (dis nou jou Plan Van Aksie) kan uitwerk.

Jy sien, mense dink hulle moet deur die lewe jaag om uiteindelik by hul bestemming uit te kom—- watter bestemming? Die dood? Nee, my skat, die lewe is ‘n vrek lekker treinreis, met baie stasies langs die pad.

Jou trein het 8 maande gelede op Kaapstad se stasie gestop. En ek dink dat jy baie van jouself geleer het in hierdie kort tydjie.Jy het beslis geleer van “Buckets” en “Buffalo”! En jy het jou kleim goed afgesteek by “Buckley’s”. (Nee! Nie só nie!!Met shóóters!)

Maar wat klaar is, is klaar! Die liewe Vader het die hele skepping ok mos gemaak dat elke ding sy tyd het.

Louisatjie, jy het gekom, jy het gesien, jy het baie geleer van jouself en jy het almal wat by jou betrokke was, se lewens ge-bless!

Dis nou tyd vir jou volgende avontuur.

Jy het mos al gesien hoe lyk die water wat buite in my asbespotte opgevang is na die reën? Ja, sies, dis vrot en onbruikbaar. Want water moet vloei, sodat vuiligheid en opdrifsels kan wegspoel en die water helder, soet en bruikbaar kan wees.

En wat daai hartsake betref……..ag, my skattebol, jy weet mos jou Antie Koekie het die boek geskryf oor verlief raak op SPCA gevalletjies!! Al weet ek nou nie wie jou hart gesteel het nie, moet jy nou nie te hard wees op jouself nie, OK? Laat die hele ou storie ‘n mooi blokkie word op die lappieskombers van jou lewe; iets waaarna jy oor 10 jaar sal kyk en dan met so ‘n smile die agony and the ecstacy van die als sal onthou. (Glo my, my kombers is vol sulke kleurvolle blokkies en dis altyd so soet-suur lekker om terug te dink. Die meeste van die tyd is ek vrek bly dinge het destyds nie uitgewerk soos ek wou hê nie!)

Jy moet onthou hulle sê: “All men are not bastards; some are just not the marrying kind.”

Maar dis tog maar die onbetroubare skurke wat “the spice of life” is, nê?

 

Onthou jy nog Santiago uit “The Alchemist”.Jy laat my vandag aan hom dink.

( As dit nie vir jou werk was wat julle gedwing het om motiveringsboeke te koop en te lees nie, sou ek waarskynlik nooit hierdie boek opgetel en my eie gemaak het nie.

Wat ‘n kosbare vonds!! Dankie dat jy dit in my lewe gebring het! Elke mens met ‘n droom behoort die boek deur Paulo Coelho te lees, nê?)

Hy het mos gedroom van sy skat en toe moes hy baie ver paaie reis om uiteindelik agter te kom waar sy skat begrawe is, maar toe was hy ‘n baie wyser man.

Miskien moet jy die boek gou weer ‘n slag lees?

Louisa, ons gaan jou vrek baie mis; jy het so ‘n “presence” as jy by ‘n vertrek inkom met jou lui glimlaggie en die eeue se wysheid in jou oë,

Belowe my net jy sal ons nie vergeet nie? En dat jy die Berg se roep sal antwoord?

 

O,ja!! En baie dankie dat jy my leer blog het!!

 

Hier’s bietjie padkos vir die pad vorentoe:

·        “Each problem that I solved became a rule which served afterwards to solve other problems.” Rene Descartes (1596-1650)

  • The gem cannot be polished without friction. (Chinese proverb).

2 Responses to "Koebaai Louisa"

Louisa is gelukkig om ‘n ‘antie koekie’ soos jy te he^. Baie goeie raad. Ek het dit sommer vir my ook gevat. Dankie.

*snif* 😦
Daar is geen manier wat ek julle ooit sal kan vergeet nie Antie Koekie. Julle is amazing mense! Baie dankie dat julle my so mooi onder die vlerk ingevou het die rukkie wat ek hier was.

(En moenie stress nie…ek het groot planne om sommer baie gereeld te kom kuier!) 😀

Lewer kommentaar

Kalender

Augustus 2008
M D W T V S S
 123
45678910
11121314151617
18192021222324
25262728293031

Kuiergaste

  • 37 821 gaste

Top Clicks

  • Geen
"I find that the harder I work, the more luck I seem to have." - Thomas Jefferson (1743-1826)