Antie Koekie

Archive for Augustus 28th, 2008

Vroeg vanoggend, nog voordat die son behoorlik sy kop uitgesteek het, het Gloria in Kayalitsha op ‘n bus geklim.

Presies 07h30 het sy in die gietende reën aan my deur geklop en toe ek oopmaak, het sy helder sonskyn met haar glimlag in my huis gebring.

En nou, lank nadat sy reeds terug is na haar beskeie huisie, onthou ek daardie glimlag as ek deur my skoon en netjiese vertrekke stap.

Ek drink vanaand ‘n heildronk op Gloria.

Ek lig terelfdertyd my glas op al die Gloria’s in ons lewe. Die vroue wat uit hul klein, baie keer bitterlik armoedige huisies kom om orde in ons bestaan te skep Die vroue wat blymoedig daagliks of miskien een keer per week, kom skrop en skuur, ágter en ónder en bo-op kom skoonmaak; hulle wat sorg dat daar altyd skoon, gestrykte klere hang, net reg om aan te trek.

Ek hoef nie “uit die kas te klim” vir almal om te weet dat ek loshande die wêreld se slegste huisvrou is nie – almal wat my ken weet dit! Ek kán nie die logika daarin sien om elke dag, en met opregte vreugde, dieselfde plek af te stof, of uit te vee of af te was nie.

Huiswerk is ‘n honger monster wat nooit in der ewigheid versadig sal word nie.

Die plekke wat My Swart Engel vandag met Handy Andy en vol vreugde oorwin het, word op hierdie oomblik alreeds weer beleër deur stofmannetjies en ander ongewenste heeby-jeeby’s.

My ma skud gereeld haar kop en wonder dan waar ek vandaan kom; ek moet vir haar ‘n moerse teleurstelling wees! Haar blokkiesvloere wat elke dag soos ‘n spieël geglim het, nadat sy van haar knieë opgestaan het, was vir haar die toppunt van vreugde.

Verstaan my mooi —– dis vir my ook mooi, maar net as iemand anders dit gedoen het! Vir my is dit ‘n sieldodende diens aan my gesin, wat my stroop van elke druppel kreatiwiteit.

Ek dank die Vader opreg dat daar vroue is wat bereid is om hul daaglikse brood te verdien, deur orde in ons chaos te skep.

Dar word altyd verwys na prostitusie as “die oudste beroep”. Ek dink nie dit is korrek nie; daar was skoonmakers en bediendes lánk voordat die eerste vrou besef het sy kan geld maak met haar bates!!


Kalender

Augustus 2008
M D W T V S S
 123
45678910
11121314151617
18192021222324
25262728293031

Kuiergaste

  • 37 835 gaste

Top Clicks

  • Geen
"I find that the harder I work, the more luck I seem to have." - Thomas Jefferson (1743-1826)