Posted by: Antie Koekie on: February 4, 2009
Hallo maatjies!
Very long time no see, of hoe?
Lyk my ek het elke begin van die maand ‘n nuwe verskoning!
Januarie se verskoning was ‘n aaklige virus, Trojan of so iets (askies, Louisa en Anne-Marie, vir wie ek dit aangestuur het sonder om te weet?); gelukkig kon skoonseun red wat te redde was.
Maar dis nie oor virusse en goed wat ek wil skryf nie——– Nee! Dis oor daai ander virus, wat mens soos groot dinges tref, maak nie saak hoe goed jy knyp nie!!
Kyk, die enigste rede waarom ek julle altyd so vertel het van my amoreuse eskapades, was omdat ek vas en verseker geglo het dat ek ál my, én tien ander vrouens, se kanse op geluk opgebruik het. Ek het (baie teësinning!) vrede gemaak met die idee dat die liefde my adres verloor het.
Tot 14 dae gelede……….
Toe ‘n slapende man (op my bed; onskuldig; in die middel van die dag; net omdat hy sleg gevoel het) al my skanse afbreek.
Wie? Wat? Waar? Hoekom?
Een Sondag, Sept. 2008 het ‘n man direk op die olyftafel afgeloop en met my begin gesels asof hy my al jare ken. ‘n Baie gawe man, maar nie een van my tipiese rof-en-onbeskofte soort nie. Maar ek het tog aangetrokke gevoel tot hom.
Om ‘n lang storie kort te maak, albei se seerkry in verlede het veroorsaak dat ons ‘n eierdans óm mekaar, in plaas van ‘n paardans mét mekaar gedoen het!
Ek het besluit die ou stel nie regtig belang nie, want hy doen dan niks om my beter te leer ken nie! (Julle ken my mos nou al—- a bull in a china shop se Moses!) Hy, weer, was so bang om homself weer bloot te stel vir seerkry, dat hy eers gekyk het hoe ek voel en dus tot die slotsom gekom het dat ek met hom speel.
Praat van ‘n comedy of errors!
Hy het my genooi om die oujaarsdiens by te woon, “…as jy nie iets beters het om te doen nie.” Ek het gegaan, gevind dat ons ‘n groep was en, omdat ek nie geweet het wat gaan vir wat nie, baie duidelik my afstand gehou.
Hy het my een Saterdag genooi om saam te ry Stellenbosch toe (vir sy besigheid); my na die aarbeiplaas geneem,baie bederf……….en toe by die huis gaan aflaai!!!
Praat van so gekonfoes soos ‘n verkleurmannetjie in ‘n boks Smarties!
En dis toé dat ek besluit: Luister, dié ou wil woer-woer speel! Nie vir my nie, dankie! Hou gerus maar verby!
En verlede week kom hy gou koffie drink in die middel van die dag en hy kla dat hy regtig goor voel, duiselig, en of hy net so tien minute kan rus voor hy teruggaan werk toe.
Ag, maatjies, toe ek ‘n halfuur later langs die bed staan om hom wakker te maak en ek onthou hoe lekker dit altyd was om ‘n dapper held van ‘n man, so weerloos en slapende te sien, toe kraak die skarniere van die deure wat ek om my hart gebou het.
Ek het hom toe nie daardie week weer gesien nie; maar die man spóók toe by my!
Sondag, 25 Januarie, toe sms ek om te sê ons moet práát!
En toe ons praat, toe val al die legkaarte stukke in mekaar om die mooiste prentjie te maak!
En weet julle wat is die wonderlikste van alles?
In elke liewe verhouding van my het ek altyd my jis afgewerk om te sorg dat ek so oulik lyk en is, dat die ou ‘n fool sal wees om my deur sy vingers te laat glip…………..
Wel, almal hét, so dit het báie duidelik vir báie fools nie gewerk nie!
Hierdie keer het ek egter so hard gewerk daaraan dat die ou tog net moet besef dat ek eintlik bad luck is; dat hy betyds sal agterkom hy kan eintlik nie met my saamleef, voordat iemand (lees: ek) weer seerkry nie.
Ek was nie my borrelende, sprankelende, koketterige self nie—–As hy kom koffie drink, het ek sommer met my geskeurde denim, sonder grimering rondgeloop!!
En nou——- nou is die koeël deur die kerk!
Ek kan weer lag en dans en stout wees. Ek mág maar ‘n rooi rok maak vir Valentynsdag; ek mág hom maar vra om my prente op te hang; ek mág maar met nuwe selfvertroue in die dorp loop en sê: Eat your hearts out, boys, I’m taken!
Antie Koekie het haar jis gesien,,,,,,,,and she’s loving it!!
Posted by: Antie Koekie on: Januarie 2, 2009
It’s National Blog Posting Month again. Yippiee!
Hopefully I’ll stick with it this time.
My English is still horrific, but my enthusiasm will hopefully make up for it!!!
The chosen theme for January is: “Change”, and I can’t think of a more perfect theme
For the first month, of a brand new year; a year hopefully still unmarked and unblemished by wrong choices. (Although, some people might have screwed things up minutes after the big countdown!!!) If you’re in Vegas, I believe you could find yourself married to a complete (although, sexy) stranger when you wake up!
OK. Change. What does it mean to you and me?
It means opening yourself up to new ideas. A praradigm shift in your thinking.
Who is the clever guy that said: You must be the change you want to see in this world?
What I want to change this year?
I want to stop spending every breathing minute doing damage control. After moving house five times in three years, I’ve still got boxes papers and documents and stuff packed away. And in October, we had a fire in our house (only one room destroyed, thank God!), but during the cleaning and renovating period all kinds of small things were thrown in boxes!
And I have to work through each and every one to salvage what is important and to chuck away the rest.
My motto for today: Be pro-active.
God only gave me enough energy to last for this one day. Tomorrow He’ll supply me again with what I need.
Therefore, I’ll spend this day’s energy on making my world a better place, today!
Posted by: Antie Koekie on: Januarie 1, 2009
Dierbare Here Jesus,
Die jaar 2008 is nou finaal verby en die nuwe jaar is maar nog net ‘n paar uur oud. Ek was gisteraand in ‘n diens deur Jan de Wet, waar hy gesê het dat ons die deur op die ou jaar moet toemaak en met vreugde, net vorentoe moet kyk.
Maar ek kan nie maak asof die afgelope jaar nie gebeur het nie. Dis mos soos ‘n heerlike ete saam met vriende; daar was dalk groenboontjies (wat ek absoluut HAAT), maar daar was ook die soetste, sappigste watertandlekker poeding!
Here, U weet dat 2008 vir my en my huis ( en vir miljoene mense daarbuite) nie ‘n Sondagskoolpiekniek was nie. maar die manier waarop U engele ons bewaar het, soos wat U in Ps.91 belowe, is net ONGELOOFLIK! En daarvoor wil ek net sê: Baie Dankie! Ek dink aan die brand, Oktober maand, en hoeveel erger dit kon gewees het. Ook die ongeluk waarin Skoonseun en Kleinseun hierdie week gewees het, met die ander kar totaal afgeskryf, maar hulle twee het nie eens ‘n skrapie opgedoen nie! En dan, vanoggend,. Letterlik minute nadat die Nuwe Jaar afgetel is; die shooter wat ‘n vrou vir my dogter gegee het in ‘n kuierplek; ‘n shooter so gelaai met ‘n verdowingsmiddel dat sy binne minute begin hallusineer het! Dankie, Here, vir Skoonseun wat haar kon beskerm totdat hulle veilig tuis gekom het.
En dis maar net drie van ‘n lang lys dinge waar ons beskermengele beslis oortyd gewerk het!
Ek moet ook net “Dankie” sê vir die wonderlike nuwe vriende wat ek hierdie jaar gevind het, en ek dink spesifiek aan Andrè, Louisa, Lance en Tobie. Baie dankie vir Antie Koekie; vir ‘n plekkie waar ek kan sê wat ek wil en ook vir die wonderlike blog-vriende wat ek gemaak het, soos Sonkind, Pikkie, Wipneus, Dellie en al die ander.
Maar ek wil baie spesiaal ook “Baie, baie dankie” sê vir my ou, vêr vriende wat my nog in hul harte dra – Benjamin en Tersia, Bertus Laufs, Chrystelle, Dèlene, Elize, Hendrika, Hendrik, Karen………..daar is soveel!
Dankie vir Ou Geliefdes, wat elkeen sy vingerafdruk op my hart gelaat het en waardeur ek kon groei (al was dit nie altyd sonder seerkry!).
Ek moet egter om verskoning vra omdat ek elke dag so mor en kla as ek moet skottelgoed was. Ek dink nie altyd daaraan dat dit beteken ek het geliefdes wat saam met my kon eet; ons sit nie honger, alleen, in ‘n shelter of ‘n squater shack nie; sonder kos of lopende water of ‘n spoeltoilet.
Ek dank U vir my rekenaar, waarop ek kan skryf en waarmee ek my drome hierdie jaar gaan wáár maak. Ook vir my voos-gestampte ou karretjie, waarmee ek Bloubergstrand toe kan ry, as ek so voel. En terwyl ons daarvan praat— baie dankie vir die voorreg om in die skaduwee van Tafelberg te mag woon! Whoa! En wat ‘n voorreg is dít nie!!
Here Jesus, ek wil vanaand nie tel wat ek die afgelope jaar verloor het nie; ek wil alles tel wat ek oor het.
En daar is so baie — my ma, my wonderlike kinders hier en in Randfontein en my awesome kleinseun en kleindogter; my gesondheid; my (onderontwikkelde!) talent om te skryf en te praat; my twee pragtige katte………….
Ag, Here, daar is SOVEEL om voor “Dankie” te sê!! U seën my elke dag met die oorvloed van U liefde!
Vergewe my asseblief dat my minderwaardigheidskompleks maak dat ek so dikwels vergeet dat ek ‘n Koningskind is.
Vergewe my asseblief omdat ek so hunker na ‘n vashou-maatjie, maar ek vergeet dat U belowe het om my nooit te begewe of te verlaat nie; dat U gesê het :”Jou Maker is jou man..”
Liewe Jesus, ons weet albei dat ek een van U stoute kopseer-kinders is; dat ek nie altyd sorg vir ‘n glimlag op U gesig nie. Ek is opreg jammer daaroor.
Maar ek vra nie dat U my in die nuwe jaar moet verander nie, want U het my geskape soos ek is, met ‘n doel. Ek wil egter vra dat U my sal lei om te sien watter keuses ek vanjaar moet maak, sodat ek uiteindelik die doel wat U vir my bepaal het, sal verwesenlik —- dat ek uiteindelik die mens sal wees wat U 55 jaar gelede in gedagte gehad het.
2009 is ‘n skoon boek. My gebed is dat dit oor 356 dae ‘n kleurryke scrapbook-album sal wees wat ‘n storie vertel van vreugde, vrede, hoop, liefde en baie lag. Van oorwinnings oor die bose en van liefde bewys aan my naaste.
Here, ek vra dat u my getrou sal maak om U hierdie nuwe jaar te ken in al my weë, want dan, soos U Woord belowe, sal U my paaie gelykmaak.
Amen!
Posted by: Antie Koekie on: December 27, 2008
Kyk, ons almal dra mos maar maskers. Jy staan in die oggend op, drink jou koffie en dan staan jy voor die spieël en sê: “Give us this day our daily mask.”
En die enigste tye wat daardie masker afhaal, is as jy vinnig toilet toe gaan—– agter daardie toe deur, in daardie kleinste van klein vertrekkies, kan jy bietjie ontspan, en asem skep en jou bra-streppe stywer trek vir die volgende skof.
Toe ek amper drie jaar gelede als opgepak en Kaap toe getrek het, was my masker van entoesiasme stewig opgeplak. My kind was siek, dus wou ons trek om haar by te staan. En na haar skielike dood, was daar nie meer omdraai kans, als was gereed vir die Groot Trek.
Ek WOU trek. Ek WOU wegkom van ‘n plek en ‘n lewe waar almal als van my geweet het. Ek wou gaan óór begin, op ‘n skoon bladsy, met geen vooroordeel teen my nie.
Ek het my pose nogal wraggies goed gehou. Ek het nie eens daar, in die privaatheid van die toilet, erken dat ek vrek eensaam is en verlang na my mense in die Goudveld.
Tot Donderdag, 18Desember. Een oproep van Frederick. En my hele kaartehuis wat ek so versigtig en met groot sorg gebou het, foeter inmekaar met ‘n dawerende gejuig!
Wie de ongeluk is Frederick?
Onthou julle ek het mos geskryf oor die groenboontjiebredie manne en die sexy chilli-chocolate skurke en dan, Die Steaks! Daai manne wat so 100% REG is……………ek het vertel van Mnr. M en toe afgesluit hiermee:
“En die ander een, Frederick? Die ewige Cowboy, wat op sy gelukkigste is wanneer hy die lang pad aanpak op sy Kawa; die een wat ek in die Vrystaat agter gelos het; die één wat na drie jaar weg van hom, en alleen, nog steeds my hart in die holte van sy growwe manshande hou…………………..
Nee, nie nou al nie. Miskien eendag, vêr in die toekoms, sal ek vir julle van hom kan vertel.”
Wel, dis nou die tyd. En dié gaan weer ‘n laaang relaas wees, so maak maar liewers eers koffie, OK?
Frederick is die prototipe van Indiana Jones. En daarby is Harrison Ford ook nogal ‘n meer ge-polishde afdruk van hom. Ons het ontmoet pas na sy egskeiding en dit was wonderlik verby!
Tot ons op ‘n dag besef het dat ons verskillende idees het oor hoe vinnig dinge moet ontwikkel. Seker maar my skuld—- ek het GEWEET dis wat ek wil hê en het toe soos ‘n bull in a china shop ingestorm, met rampspoedige en hartseer gevolge!
Hier in die Kaap, kon ek net nog nooit iemand ontmoet wat dieselfde uitwerking op my het nie en dus is ek nog altyd alleen.
En toe bel hy. En hy sê hy en ‘n pal op is pad Kaap toe; van Bloemfontein af tot bo by die weskus, en dan kuier-kuier tot in Kaapstad. Het ek slaapplek, en so aan?
Whoa! Meisies! Besef julle hoe’t dié Antie Koekie gevoel? YOU’VE GOT NO IDEA!!!
En ek begin spaarkamer skoonmaak en als regkry. Die volgende dag bel hy weer, met die mees ongelooflike, fantastiese orgasmosoriese plan ooit!
As hulle so 200 km van Kaapstad is, gaan hy deurkom en my kom haal, dan kuier ons darem so bietjie saam langs die see!
O, vrek! En toe gaan my verbeelding mos in overdrive; ek onthou hoe goed ons samesyn altyd was.
En ek droom van ‘n tentjie op die strand en sonsondergang op die weskus strand en ‘n lekker sjerrie langs die braaivleis vuur en lekker snoesig lepellê.
En vroeg moreoggend, saam wakker word en met die eerste beker koffie langs die strand gaan loop en sommer net gesels.
Wat is daai fensie woord wat die romanskrywers altyd gebruik: Idillies!
En hierdie hiperaktiewe verbeelding van my, hol toe sommer heeltemal weg met my!
Ek “hoor” al hoe hy een aand, terwyl ons so langs die vlak brandertjies loop, vir my sê dat hy besef dis nou lank genoeg gewag; hy besef ek is die enigste een vir hom en al daai tienduisend romantiese goedjies wat mens so graag wil hoor. Ek “hoor” hom sê dat ek moet terugkom Vrystaat toe, sodat ons kan trou en gelukkig saam kan oud word!
Nou kyk, ek het gesweer ek sal nooit weggaan van Tafelberg nie——— en baie beslis nie Vrystaat toe nie!!
Dit was dus vir my ‘n baie skielike “awakening” om te besef dat ek dit vir hom sou doen!
En toe begin Antie koekie bietjie besin.
En ek besef dat hierdie romantiese ewige liefde scenario nét in my kop is. Vir hom is dit ‘n kans om ‘n goeie Kersfees saam met ‘n ou, geliefde vriendin deur te bring. Niks minder en niks meer nie.
Daar is ‘n spreekwoord wat sê: “A man’s love from a man’s life, is a thing apart. But it’s a woman’s whole excistense!”
Ek sou, getrou aan my aard en getrou aan my liefde vir hom, myself 200% gegee het. Ek sou elke oomblik intens beleef het en diep, diep in my binnekamer gebêre het.
Maar op ‘n dag sou hy die tentjie oprol en sy tas in die bakkie sit en dan met ‘n laaste soen en ‘n drukkie en “Baie dankie, dit was wonderlik!”, die pad vat, terug Vrystaat toe.
En dan sou ek presies gewees het waar ek drie jaar tevore gewees het. Dan was my selfopgelegde alleen- en selibate pad ‘n vermorste opoffering——- dit sou beteken dat als weer van vooraf begin!
En ek, die dappere een wat altyd impulsief reg is vir die volgende avontuur, ek het die telefoon opgetel en die moeilikste ding in my hele lewe gedoen.
Ek het als gekanselleer.
En nou is ek so weerloos. Gister het ek my vriendin, Chrystelle, in Welkom gebel en vir die eerste keer erken hoeveel ek hulle mis; ek mis tot die mense wat altyd als van my geweet het en altyd kommentaar gelewer het!
Maar nou dat dit gedoen is, kan ek net sê dat ek so ontsettend trots voel op myself omdat ek dit kon regkry!
Miskien word ek nou groot?
(Not a chance!! Die gode behoede my daarvan!!!)
Posted by: Antie Koekie on: December 24, 2008
Dit was 15H30 op ‘n rustige Woensdagmiddag, 22 Oktober. Ek was in my kamer besig toe Kleinseun (6) skielik voor my staan en met groooot oë, in ‘n bitterlike klein stemmetjie sê: “Atta, my mommy TOLD me NEVER to play with fire. Now she’s going to be sooooo mad at me!”
Teen daai tyd was ek al soos Zola Budd op pad na hulle deel van die huis, maar nog voor ek om die hoek is, kon ek al die rook ruik.
By die deur van hul kamer kon ek vlamme omtrent 30 cm hoog op die bed sien.
Al wat ek op daardie paniek-gevulde oomblik kon onthou, is dat ek as klein dogtertjie ALTYD geleer is “om die vlamme te smoor.”
En dit doen ek toe ook, instinktief.
Maar ongelukkig is dit toe ‘n sintetiese duvet wat ek gryp…………………….
Praat van dom onnosel! Praat van petrol op die vuur!!
By nabetragting besef ek dat daar seker ‘n dosyn goed gewees het wat ek kon gedoen het. Ek kon eerstens die brandende beddegoed buite toe getrek het, of dadelik die tuinslang gaan haal het of, of, of,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,Maar spyt kom altyd te laat, of hoe?
Binne sekondes was die rook in die kamer so dig en swart dat ek nie kon inkom nie.
Dis toe dat ek die eerste ding doen wat by my opkom—————– ek hol straat toe, en stop die eerste kar wat verbygaan!
Gelukkig was dit ‘n outjie wat op pad was na sy ma, net om die hoek. Hulle bel toe die brandweer.
Terwyl ek sorg dat die middeldeur toegetrek en my ma en die katte by die voordeur uit is, met Kleinseun wat huilend by haar staan,het die bure solank met twee tuinslange gespuit. Een vrou het kop gehou en twee groot gassilinders na veiligheid getrek, terwyl buurman-oor-die-straat met my hemp oor sy gesig, die donker rook ingegaan het om op my aanwysings, die klein gassilinder in die kombuis te gaan haal.
Binne minute was die brandweer daar en 16H00, minder as dertig minute later, was alles verby en klaar!
Feitlik ALLES in die kamer is verkool; van die bed, die ander meubels, tot die groot TV en als wat met hom saamgaan; die rekenaarskerm en die meeste CD’s, DCD’s en sagteware.
Gelukkig was die hangkaste in die agterste deel en dit het die meeste klere beskerm. Die rekenaar toring het reg by die skuifdeure gestaan, beskerm onder die lessenaar.
Ek kan nie vir iemand wat dit nog nie selfs beleef het, vertel hoe ‘n mens voel nadat almal weg is en jy sit met die taai swart roet wat aan alles kleef. En jy weet als wat jou kinders bymekaar gemaak het, is weg!
Dis nou twee maande later; hulle het verlede week eers klaar geverf en getimmer. Ons het nie assuransie gehad nie, maar gelukkig het die eienaar se assuransie betaal vir die herstelwerk aan die huis.
Hoekom ek nou eers daaroor skryf?
Omdat ek vir twee volle maande net besig is met “damage control”!
Omdat ek hierdie hele tyd in ‘n flat spin was en nie lus was, of die energie gehad om enige iets te doen nie—— selfs nie eens met my virtuele vriende te gesels nie.
Maar nou is dit amper Krismis; die laaste bokse moet net uitgepak word en dan is dit “Back to Normal”!!
As so iets met iemand naby julle gebeur, vind asseblief uit wat die mense se onmiddellike nood is.
Het hulle elektrisiteit; kan hulle kos maak of ten minste koffie drink? Baie keer verloor mense al hul kontant, bankkaarte en ID-dokumente en kan dan nie dadelik gaan koop wat nodig is nie. Dink prakties; dink ‘n bord kos, ‘n fles warm koffie; skoonmaakmiddels, selfs medisyne.
Die koste van die regte skoonmaakmiddels is skrikwekkend; al koop jy net suikerseep en Handy Andy, dan gaan dit al klaar help, glo maar vir my.
Die buurvrou oor die straat het vir drie dae, tot ons krag herstel is, twee maal per dag twee flesse kookwater gebring, met lekker warm roosterbrood in die oggend en kos in die aand.
Maar by dit alles, was die Here vir ons so ontsettend goed. As ek daardie dag gewerk het of om een of ander rede nie tuis was, glo ek die prentjie sou heelwat anders gelyk het. Maar Hy het ons beskerm.
Julle ken mos nou al my geloof: Tel wat jy oor het, eerder as wat jy verloor het.
En wat ons oor het, is ons lewens en ‘n kans om oor te begin.
Ek sal settle daarvoor………..!
Posted by: Antie Koekie on: November 24, 2008
Ha! Wed jou iemand het nou gedink Antie Koekie gaan ook op die lorrie klim met ‘n juicy onthulling oor diieeep, intènse laatnag gesprekke tussen my en Steve Hofmeyr!
Toe nou nie! Jammer!! Dis mos nie Grab-A-Granny week nie!
Nee, ons storie gaan vêr terug, tot in 1973/4. Toe hy en sy ouers buite Hennenman, op Anglo Alpha gewoon het. Nee, ek het nie hierdie inligting uit sy boek gekry nie, want ek en Eks Nr.1 het ook daar gewoon; die Taljaards in Huis 22.
Steve-hulle se huis was onder in die straat, so half in ‘n hoek.
Wat ek van hom kan onthou? Kan jy glo, absoluut niks! Ek was pas 20, met ‘n baba om te versorg en het nie aandag aan 11 jarige seuntjies gegee nie!
Maar ek en sy ma, Carien, het saam naaldwerkklasse geneem by Tannie Lily Oosthuizen. En al was ons nooit boesemvriendinne nie, onthou ek haar as ‘n dierbare, baie pragtige vrou.
En lank, laaank voordat ‘n tydskrif artikel vertel het hy was destyds die hoofseun van Hennenman Primêre Skool, en ek kon onthou van Carien en haar seuns, was ek heeltemal koekoes oor dié rebelse laitie met die weerbarstige blonde kuif en die sexy, SEXY! rasperstem.
Daai stem wat voel asof hy al jou skanse wegskeur en jou vrouwees brutaal ontbloot! Never maaind of jy agt of tagtig is!!
En toe word hy Bruce Beyers en hy word almal se besit. Of jy lief was vir hom of hom gehaat het, ALMAL het gewéét wie Steve Hofmeyr alias Bruce Beyers was!!
En sy lewe sou nooit weer sy eie wees nie!
Ek is so dankbaar vir Jo-Ann Schou se kommentaar op my post, Elvis Presley en Onse Stoutseun, Steve. Sy het dit so goed gestel. En ek stem volkome met haar saam. Hy hoef nie om verskoning te vra nie, want sy lewe is sy eie.
Maar die probleem is, wanneer jy ‘n geliefde volksbesitting word, word jy soos familie. En familie dink partykeer hulle het die reg om te kritiseer———– familie kan jou selfs kruisig! Vra vir my, ek wéét daarvan!!!
En toe, verlede Vrydagaand, in Sweepslag op SABC 2, wys hy net weer dat hy altyd reg staan om ons te verras, met die nuwe versie wat “Pampoen” bygekry het. Whao! So hartseer en sooo mooi!
Mooi skoot, Steve!
Hy tree op 19 Desember in die Paarl se amfi-teater op met sy Waarmaker-toer en julle moet weet, Antie Koekie gaan dáár wees, hopelik met sy boek, sodat hy dit sommer kan teken.
Hoe lyk dit, Jo-Ann, gaan jy saam met my? En jy, Sonkind? Is jy in?
Ek kan nie wag nie!!
Posted by: Antie Koekie on: November 20, 2008
Ek het nou net by die huis gekom, ná een van die lekkerste shoots nog————– die verfilming van die nuwe realiteitsreeks op KykNet, “Die Laaste Wals.”
Ons ekstras was deel van die gehoor (soort van “Rent a Crowd), met die pragtige Vicky Davids, “Bart” se arme weduwee, “Tessa”, as die aanbieder.
Hulle het twee episodes, waarin altesaam 16 paartjies gedans het, vandag verfilm.
En ons, die gehoor, het kans gehad om die laaste paartjies wat deurgaan na die volgende ronde, te kies!
Whoa! Dit was vet pret!
Ballroom – en Latin American dancing was nog altyd ‘n absolute fees vir die oog. Maar om dit hier, twee treë van jou af te sien gebeur, is net wonderlik!
Die rokke! En die lyfies! En die ongelooflike, verbysterende talent wat kinders van twaalf jaar oud aan die dag lê!!
Daar was in elke episode ‘n volwasse paartjie, so van 35 tot omtrent 50 jaar oud. Hulle was duidelik die meer ervare dansers, met feitlik foutlose tegniek; tog moes hulle elke keer die knie buig voor veel, véél jonger dansers, wat met meer passie en oorgawe gedans het.
Wat hierdie kompetisie bietjie ánders gemaak het as Strictly Come Dancing en Dans, Dans, Dans!, was die feit dat die danspare letterlik minute voor die tyd eers gehoor het watter tipe dans hulle moet doen. Hulle is dan kans gegee om gou te verklee, indien nodig, en dan het die musiek begin.
En die musiek is gekies met die idee om dit moeilik te maak!
Twee paartjies in die uitdunronde, moes byvoorbeeld wals op ‘n tipiese Afrika-song; ek het my vrek gesukkel om “Dans met die Rooi Rok” se een, twee, drie-ritme daarin te kry.
Dank die Vader ek het nie nodig gehad om daarop te probeer wals nie!! Want behalwe dat jy presies op die maat moet dans, soek die beoordeellaars nog skakerings van ritme, vinnig en stadig, ook!
Een van die meisietjies het vertel dat baie van die rokke se materiaal spesiaal ingevoer moet word en dat een rok se materiaal, tot R 7 000 kan kos. En die vrou wat haar rokke maak, kan tot R 5 000 maakloon vra vir ‘n rok, sonder baie tierlantyntjies!!
En julle moenie dink dat al daai bling wat ons sien, sommer by die naaste Bead Shop gekoop is nie————-dis die meeste van die tyd régte egte Swarovsky (??!!) kristalle wat gebruik word,glo vir die beste effek.
Die skoene word ook ingevoer en het spesiale velt-agtige sole. Gelukkig kry die dames nou ‘n spesiale plastiese hak-beskermer om ‘n paar skoene darem nog ‘n paar passies langer te laat hou.
Kyk, laat ek julle vertel, as ‘n mens daar sit en jy “voel” die musiek, kan jy jouself baaaaie maklik oortuig daar skuil ‘n smeulende Ramba of ‘n gatskop-Samba in jou ou lyf, wat net smeek om vrygelaat te word!!
Miskien moet ek maar kyk wat is my naaste Arthur Murray-dansskool se nommer?
Ek bedoel, terwyl die gees nog wil en die vlees nog sê: “Ek dink ek kan, ek dink ek kan……………….!
Posted by: Antie Koekie on: November 16, 2008
Al was ek gebore en getoë in die hey days van The King, het ek (skandelik, ek weet!!), nog nooit’n show van hom gesien nie.
Ek was meer ‘n Cliff Richard- en Bee Gee’s-fan. Miskien het die feit dat my ma-hulle nooit juis Elvis se musiek in ons huis gespeel het, iets daarmee te doen gehad!? Toe ek egter in Std 5 (Gr. 7), my eie transistorradio kry en elke middag op die gras gelê en LM Radio luister, het die wêreld van popmusiek vir my oopgegaan!
Julle moet besef dat hierdie dinge gebeur het in 1966; die tyd van die Hippies, die sogenaamde Blommekinders. Ek het as enigste kind grootgeword in ‘n baie streng huis. ‘n Erg Calivinistiese huis sonder lag en dans en stoutigheid. Ek dink ek was seker een van die voorbeeldigste en gehoorsaamste kinders van my geslag!!
Dit was, totdat ek in 1966 Andrè P Brink, die Hippies en LM Radio ontdek het!
Maar ek dwaal af……………….
Daar was Saterdagaand ‘n program van Elvis Presley op TV, “Elvis: The Way It Was.” En vir die eerste keer het ek gesien waarom hy as persoon, as kunstenaar, so geweldig gewild was. Dit was nie net sy musiek nie, maar die manier waarop hy met die gehoor “gespeel” het en die “off the script” goedjies wat hy tussen in gegooi het. En daarby was hy in 1970 nog dodelik aantreklik! As ‘n mens kyk na die foto’s van hom, in die tyd nét voor sy dood, kan jy eintlik nie glo dis dieselfde mens nie.
Maar dit was terwyl ek sy stoute glimlaggie en die duiweltjies in sy oë so sit en geniet dat dit my soos ‘n voorhamer slaan: Ek kon net sowel in ‘n Steve Hofmeyr vertoning gesit het!
Behalwe vir die stemme ——– Elvis s’n, roomgladde donkersjokolade en Steve met sy sexy rasperstem wat jou rillings teen jou rug af gee.
Ek wonder nou net of ek die laaste mens op aarde is om die ooreenkoms tussen die twee meesters raak te sien?
Kyk, Steve het al baie vertel hoe mal sy pa oor Elvis se musiek was; miskien het hy (on?)bewustelik dieselfde styl aangeneem? Dink aan “Elvis: The way It Was” en Steve se musical, “Dis Hoe Dit Was.” Elvis was ook ‘n stoutseun, gelukkig op ‘n manier wat onse Steve nie is nie, maar die publiek het dit nooit teen hom gehou nie. Inteendeel! Hoeveel jaar is hy nou al dood, 31 jaar? En sy dood (16/08/77) word nog steeds elke jaar herdenk? Daar is wêreldwyd Elvis-klubs (ook hier in Wes-Kaap).
Maak nie saak nie, al wat ek weet is dat net soos Elvis, Steve ook altyd sal koning kraai.
Ons sit sy CD in en vergeet die bollie wat hy aanjaag.
Ons vergewe hom, want ons het almal ‘n stoutseun/-dogter in die familiekas.
Ons vergewe hom, want ons is bang hy hou op met sing en “Pampoen” is net op CD beskikbaar.
Ons vergewe hom, want hy is nie net ‘n sanger, hy veg vooraan die linies vir ons taal en kultuur.
Ons vergewe hom, want ons is miskien heimlik mal oor sy rebelse “kom-wat-wil” houding.
Ons vergewe hom, want daar is nie nog so ‘n stout, aantreklike, kleurryke entertainer in ons land.
Ons vergewe hom, want ons is lief vir hom……………………..!!
Lank lewe Onse Steve!
Posted by: Antie Koekie on: November 10, 2008
Hallo daar, julle vreeslike oulike vriendelike bloggers!!
Mensdom, maar ek het julle gemis!!
Lyk my ek moenie “Antie Koekie” wees nie, maar eerder “Die Niggie van die Skim”. Julle weet, now you see me now you don’t!
Genugtig, maar ek het ‘n interessante en hectic tydjie gehad vandat ek laas met julle gesels het. Ek het sommer intussen ook ‘n bietjie soul searching gedoen en sal als vertel.
Intussen gaan ek elke dag my National Blog Posting Month se challenge deurwerk, vandaar die Ingels!
Skryf more verder, gaan nou bietjie slaap
Posted by: Antie Koekie on: November 10, 2008
Once a blond, always a blond!!!
Here I was waiting to find out how and/or where I must stick my 30 little NaBloPoMo’s up or on; not knowing if there was a specific “page” for it or what……………….
In the meanwhile, the clock was ticking, today already being the 10th, going on the 11th and I’m still waiting…………..
But,Antie Koekie’s got a very clever daughter. Also born blond, like her mom, but she’s totally outgrown it!
I sat her down behind (or is it in front?) of my PC, and, voila! She’s got it all figured out!
Thanx, Natie!
So, here goes!
I’m far behind, so I’ll just have to step it up or something like that.
OK! Although today is the 10th (for the next 60 odd minutes), for me it is Day 1.
And, as some of you would remember, on the back of our exercise books was a little rhyme about “30 Days hath September, bla, bla, bla, and November.” Or something like it……..
That means I’m going to give you 30 wonderful things that I can’t live without. I’ll call them “My Little Pleasures That I Can’t Do Without.” It will be in no particular order; I’m going to shoot straight from the hip, as it pops up.
Because of my own very peculiar grasp of the English language, I won’t let you suffer through a thousand word post; short and sweet and straight from the heart, OK?
Little Pleasure Number 1:Books
To open a new book. To smell the pages and to anticipate the journey into a wonderful world of make believe, hidden between the covers.
To take a new glossy magazine from the shelf. To randomly flip it open and feel the vibrant colours jump up at you. Editors of magazines sell us a dream with every new edition and we fall for it, willingly, hook, line and sinker, because we WANT to! We want to believe we can buy the Jimmy Choo’s or bake that delicious meringue concoction or put our make up on like the model on the cover………
To visit the library. To stand in awe in the presence of so many stories, just waiting to be read.
To attack the table with second hand books at the flea market. The absolute pleasure of finding an old book you’ve always wanted…………..
A world without books? Impossible! Unthinkable! You can’t curl up in bed on a rainy Sunday afternoon with your PC, can you?
Maatjies se Menings