Antie Koekie

Wie de Duiwel is Antie Koekie?

Hoofstuk 1
Wie is Antie Koekie nou eintlik?

Is dit die kort, mollige, amper middeljarige moeder en ouma, soos wat almal haar sien?

Of is sy dalk die vurige, avontuurlustige, stoute, aweregse, sag-geronde, selfs wulpse vrou in haar goue jare?
Die een wat binne-in Antie Koekie se plat en plein dop wegkruip en net uitkom wanneer die maan vol is of as een van slegs ‘n handjie vol uitverkorenes die towerwoorrd sê om haar te voorskyn te laat kom?

Sal die regte Antie Koekie asseblief opstaan…………………..?

Miskien is dit maar floppen goed dat ek in Antie Koekie se plein dop vasgevang is – die Liewe Vader weet ek het in my half eeu+ alreeds genoeg strooi aangejaag vir 5 van my tydgenote!

Maar dit was hengse vet pret en ek besef dat ek eintlik berou moet hê daaroor, maar daarsonder sou my lewe nie so vol en ryk gewees het nie. My”Memoirs” sal eendag ‘n best seller wees, dit belowe ek julle!

Ek is ‘n Baby Boomer, wat oor 5 jaar ouderdomspensioen sal kan kry! ‘n Aarts-romantikus, wat meer as een keer getroud was, en nou agtergekom het dat ek tog met my eie geselskap kan klaarkom, sonder ‘n man om my te laat voel dat ek goed genoeg is om asem te haal.

Nie dat ek nou ‘n mannehater is nie —– alles behalwe! Ek verlang partykeer so erg na ‘n MAN se groot toevou, veilige drukkie; na die mansreuk aan sy vel; die reuk van die eerste rokie as hy sy sigaret opsteek; die gevoel van ‘n effense stoppelbaard teen my wang……………….ag, vrek, ek skryf my nou-nou hier, op ‘n Vrydag middag, in ‘n moerse depro in!

Maar ek wéét mos teen die tyd dat my smaak in mans absoluut “up to maggots” is! Dat ek ‘n wandelende magneet is vir die afbeen SPCA gevalletjies.
En wanneer ek hulle gesond gedokter het met al my liefde, tyd en energie en hulle weer reg voel om die wêreld aan te durf, kyk hulle so diep in my oë en sê:
“Jy is ‘n wonderlike vrou; die beste ding wat ooit met my gebeur het. Ek sal jou nooit vergeet nie, maar dis nou tyd vir my om weer aan te beweeg!”

Shit! En wie dokter dan hierdie dokter? Wie tel dan my stukkies op en plak pleisters op? Want kyk, as ek iets doen, dan DOEN ek dit met volle oorgawe. As ek dus dubbel-K-senter-A aanjaag, dan doen ek dit vir die Eerste Span A!

Gelukkig is ek geseën met ‘n gesonde sin vir humor en ‘n buitengewone sterk ontwikkelde oorlewingsdrang.
Julle ken mos “Peter’s Principle of Success”:

“Getting up one more time than you’re knocked down…..”

(Hou die spasie dop vir “Hoofstuk 2: My kinders”)

14 Responses to "Wie de Duiwel is Antie Koekie?"

Ek laaik jou plekkie Antie!!
:-)

Klink of die tannie kan koeksusters vleg met “attitude”.

Hi, Marina, sorry, het nou eers gesien jy het ingeloer! dankie, hoor, en maak weer so?
Rustig, attitude is ‘n baie goeie wapenrusting teen die lewe!
ek gaan nou dadelik inloer by julle, dis vir my lekker om nuwe mense raak te lees.

Ek lees nou eers hier raak – sal weer kom inloer.

hi jane, ek’s altyd bly om ‘n nuwe kuiergas raak te loop! ek sal nou-nou by jou inloer.
kom gerus weer?

Klink vir my die Antie weet van. Ek soek bietjie van jou attitude :D Groetetjies
Sonneblom

is antie koekie nie dalk familie van antie mona nie? daai tante gee nou goeie raad…

nice tema vir die blog, van die os op die jas. baie nice.

dankie, Johan, ek is ook mal oor die tema. antie mona? nee, ek ken haar nie. dink sy’t meer guts as ek om so padlangs te praat!!dink ek moet liewer my naam verander, netnou is hier te veel anties in die omtrek……dit kan ‘n moerse gemors afgee!!

“Afbeen SPCA gevalletjies” ….. ai tog! :lol:

Wow, ek het nou so lekker gelag vir jou antie. Wat is dit met ons vroumense, huh? Ons vertroetel altyd die mans en dan loop hulle net dood eenvoudig uit ons lewens. Basta! Het my huwelik van 17jaar net nou die dag vaarwel geroep en besluit, NOU LEWE EK!!!! Heehaa. Ek’s net dood eenvoudig nog te jonk om nou al te wil sit en doodgaan. Ek wou mos so vroeg trou (19,,,,eish).
My dogters moet my vra of hulle kan trou voor 40…..not a chance girls.
Thanks ek sal gereeld hier kom inloer. Ook ‘n Kapenaar en is altyd oral waar Stevie sing. Sien jou daar!

I love your site!

_____________________
Experiencing a slow PC recently? Fix it now!

Ai wat ‘n lees-lekkerte!
Gaan definitief weer kom inloer! :)

Hallo dis Renatha van die biblioteek. Wat is jou email adres nou weer?

/me likes hierdie antie sommer baaaaaaie!!

Leave a Reply