Posted by: Antie Koekie on: Mei 21, 2010
Ag die vreugde! Môre gaan die Disa op Nuweland blom!
En ok sommer “dankie tóg” dat dié Antie ‘n ou webwerfie het waar sy haar sê kan sê, soos wat sy hom wil sê. En die ding wat sy wil sê, is: “WP, Jou Lekker Ding! Prrroovencce! Go Stormers!
OK, OK— dis môre die “Stormers”, nie “Province” nie, ek weet. Maar dis dieselle ding, jy spel hom net anders.
Nou vir wat gooi ek die ou skrywetjie in onder die afdeling oor helde, heldinne en groupies? Omdat dit die enigste plek is waar ek GROOT HULDE kan bring aan die man wat my in 1982 ‘n Province fan gemaak het—— Carel du Plessis. 12 Keer uitgedraf as kaptein vir WP en elke drie wat hy in sy lewe gedruk het, het hy in my hart gedruk…………………….
Lees die res van dié inskrywing in my tydskrif, by www.antiekoekie.co.za
Mei 21, 2010 at 12:52
Goeie dag, ek wil myself net kom voorstel, ek is nuut in die blog-wêreld.
Elke inloer, kommentaar en ook opbouende kritiek, oor jy wou en nie moes nie, sal baie waardeer word.
http://andrinie.wordpress.com/