Posted by: Antie Koekie on: April 5, 2010
Lyk my êrens in ons gene is daar maar die aantrekkingskrag na daar, waar alles vir ons ou volkie begin het——- die mooiste, mooiste Kaap! Wes- of Ooskus, maki saki.Solank Tafelberg die middelpunt bly.
Als is so deurmekaar, ek gaan hopelik vanmiddag gou af see toe, vir die 1ste keer!! Paternoster of Jacobsbaai, ek’s nie seker watter 1 nie, maar dit bly ‘n bonus, aangesien ek nie gedink het dit gaan moontlik wees om daai plekkies te sien nie.
2 Slapies in Vredenburg, dan 1 in Tableview (Blouberg, hier KOM ek!!!) en dan ‘n laaste slapie in Stellenbosch, voor ons die pad aandurf, huistoe.
Hierdie hele trippie was vir my ‘n eye-opener——- nadat ek ‘n jaar lank na my kinders verlang het, was dit asof ons nooit weg was van mekaar nie; alles was dieselfde, geen verveemding, niks!
En nadat ek by altwee kinders se huise tuisgegaan het, besef ek met ‘n skok, dat dit nie regtig my huis is nie. My huis is in die dorre, barre, vale Vrystaatse Goudveld, tussen mielielande en mynhope—– in elk geval vir die oomblik. Dis daar waar my ma, my katte en boeke en foto’s en CD’s is. Met ander woorde, daar waar die goed is wat my definieër.
Maar glo my, as die geleentheid daar is om see toe te trek, kan ek binne ‘n dag klaar pak!
Speedy Concalez se ouma!
April 5, 2010 at 18:51
Daar is en bly maar net een Kaap en vir my is die beste plek in die Kaap die Weskus. Hoekom? Hoe sal ek nou weet?… ek weet net, dis die plek vir my, maar nou ja, die Bosveld is darem die tweede beste plek in die land en wie is ek nou om altyd die beste te wil he!