Posted by: Antie Koekie on: April 4, 2010
Terwyl Antie Koekie se launch date, 1 April, gekom en gegaan het, is ek en Ou Dienskneg besig om, duisend kilometer uitmekaar, die stryd te stry teen ontoereikende tegnologie.
Toe ek op 28 Maart die pad gevat het, Weskus toe, was al my planne noukeurig uitgewerk. Die eerste drie dae by my seun op Velddrif, sou ek op sy rekenaar gewerk het om als reg te kry vir Die Launch. Dan sou ek die res van die tyd by my dogter op Vredenburg gekuier het, waar ek dan verder sou kon werk.
Ha! Dit was my perfekte plan, doer in die Vrystaat. Maar, a la John Lennon, “Life is what happens while you are making other plans.”
‘n Hele trop klein jakkalsies het egter my perfekte plan in die hande gekry en in duisend stukkies geskeur. Klein jakkalsies, soos bv, tydskedules wat nie ooreenstem; Skype wat nie werk vanaf Velddrif; skoonseun wat my PC format en vir my die wonderlike Windows 7 laai (met al die gewone klein oorgangs struikelblokke wat daarmee saamgaan) en ek wat om de dood nie kan skryf, met TV’s wat blêr en mense wat om my praat nie.
Voeg daarby nog ‘n selfoon wat breek toe ek vir die honderdste keer die simkaart uithaal om in die dongle te sit, en jy het die prentjie!
Die feite is nou dat dit al die 4de April is, en ek en Ou dienskneg kry nie ge-Skype om dinge te finaliseer—————- ek kry nie eens ge-Twitter om almal in kennis te stel van die vertraging nie!
En die kersie op hierdie koek? Dinge gaan baie sleg met my ma. Sy het net skielik agteruitgegaan. Volgens Juan, wat mos by haar bly terwyl ek rondrits, kan sy glad nie meer loop nie en as sy moet opstaan om toilet toe te gaan, huil sy soos ‘n kind van pyn.
En ek sit sowat 1400 km van die huis af! Ek voel so magteloos! Dit lyk my asof ons planne sal moet maak dat ek vroeër teruggaan.
Solank julle net weet, Antie Koekie,Die Tydskrif, lê nog steeds en wag om die wêreld soos ‘n Hoëveldse storm te tref——————- sodra ons al die varkies weer in een hok kan kry!!
Soet bly, kindertjies. En doen asseblief alles wat julle favourite Antie nie kan/mag doen nie!
Rekenaars, selfone, skype . . . alles wêreldsgoed. Dit is baie belangriker dat jou familie gesond is en dat jy gesond is en dat jy tyd saam met geliefdes spandeer. (dieselfde geld vir dienskneg)
Baie bly om te hoor van die verbetering in jou Muder se welstand.
Weskus is bietjie nat en winderig vir my, maar die Tankwa Karoo . . . nou daar is ‘n plek vir ‘n mens!. En tog naby genoeg weskus toe as die lus vir see jou regtig pak!
April 4, 2010 at 09:56
Jammer om van al jou probleme te hoor Koekie, veral van jou ma. Ek wil maar net se, wees rustig, ons wag geduldig. Geniet die tydjie wat jy nog op die Weskus oorhet.