Antie Koekie

#112: Wie Wil Bokkoms Hê?

Posted by: Antie Koekie on: Maart 29, 2010

Toe ek vandag in Velddrif aanland en my seun met my in Bokkomlaan afry, is die eerste ding wat ek sien, ‘n ou man wat so pas van sy boot afgeklim het en ‘n stok met ingerygde vissies dra. Bokkoms. ‘n Tradisionele Weskus lekkerny.

Maar of ek dit gaan eet, is ‘n ander storie………….

Die Kaapse lug is nog net so skoon en vars en sjampanje-tintelend soos ek dit onthou. Ek en klein Luke het vanoggend in Vredenburg winkels toe geloop en dit het gevoel of ek nooit weg was nie!

Wat ‘n voorreg om weer by my kinders te kan wees. Toe klein Luke nog maar ‘n baba was, het ek vir hom sy eie spesiale liedjie geskryf, en dit elke dag vir hom gesing. Gisteraand begin ons dit sing en skielik bly hy stil en vra my om dit alleen te sing. Halfpad deur kom die trane en hy sê: “Atta, you have no idea how much I’ve missed that song!”

Die Kaap is weer Hollands. My plekkie in my kinders se harte is nog veilig!

7 Responses to "#112: Wie Wil Bokkoms Hê?"

Ai Koekie, Hoe laat jy my nou Weskus toe verlang. Ons het lank op Saldanha gebly, nog voor en tydens die bou van die hawe, toe dit nog net ‘n klein ou dorpie was. Dit was van my lekkerste jare gewees. Ons het reg bokant die baai gebly en ek kon saans op my stoepie sit of in my tuin rondloop en kyk hoe die son agter die see verdwyn en die maan in die stil waters weerkaats. Wonderlike jare en ‘n wonderlike landstreek.

Ek het Sondag sommer by Oom Samie se Winkel ‘n bossie gekoop. Wat die miere gisteraand gepak het! Ek love bokkoms.

Lekker kuier Atta

Eks bly jy kuier so lekker! Wanneer kom jy terug vlaktes toe?

Ek gaan more terug Vredenburg toe, dan sal ek weer meer kan skryf. Maar dit is ‘n ongelooflike ervaring.
Dellie ek is die 10de weer terug, as als goed gaan. Wil nie nou al daraan dink nie!! Neem net foto’s (meeste van luke, natuurlik!!), maar hjet ook ‘n paar van my seun. Dit sal maar op die nuwe Antie Koekie kom.
Anna, ek kon nog nie die sonsondergang oor die see sien nie, seker van more af.
Ja, Skoor, die eerste (en enigste !)keer wat ek bokkoms ge-eet het, was juis by Oom Samie, net voordat ek Vrystaat toe getrek het. Wens ek kan iemand kry om vir Antie Koekie ‘n artikel oor die winkel te doen?
Hoe voel jy daaroor?

Ek kan net dit doen as ek weet wat u verlang. skoorbek@gmail.com vir my, en gee instruksies. Dan kan ek die langnaweek weer daar inloer en sien wat ek kan neersit vir u.
:lol:

Ai hoe lus kry ek nou vir bokkoms. My Pa het my dit geleer eet toe ek nog ‘n tjokkertjie was en die lus het gebly. Gelukkig kry ons dit nog by Tant Malie se Winkel by Harties – nou moet ek net vir R oorreed dat ons die naweek ‘n draai daar kan maak. Lekker kuier Atta en blaas soentjies oor die golwe vir my.

Ek reel n funksie vir n maatskappy en die tema is “Authentically Cape”, so bokkoms MOET daar wees. Ek wil uitvind waar ek 1200 gepak en geseelde bokkoms kan kry, en wat die koste daarvan sal wees. Ek het dit teen 20 Oktober nodig, so dit gee ons genoeg tyd om dit te reel. Omdat ek die klient moet kwoteer, soek ek n kwotasie. Die kleiner harders, sonder n tande stokkie en peperment, is reg.

As enigiemand my kan help … sal ek dit waardeer.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kalender

Maart 2010
M T W T F S S
« Feb   Apr »
1234567
891011121314
15161718192021
22232425262728
293031  

Kuiergaste

  • 13,169 gaste

Top Clicks

  • Geen
"I find that the harder I work, the more luck I seem to have." - Thomas Jefferson (1743-1826)

Antie Koekie

Error: Twitter did not respond. Please wait a few minutes and refresh this page.

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.