Antie Koekie

#111: Weskus, Hier Kom Ek!!

Posted by: Antie Koekie on: Maart 27, 2010

Na ‘n histeries dol week, met ‘n stresvlak wat hoër as my IK is (En dié, is moer hoog!), maak ek reg om oor sowat 7 ure in die kar te klim wat my saamvat Kaap toe, na my kinders toe en ook, Tafelberg toe!
Ek sal eers Maandag weer oppie lug wees.
Om my ma, wat nou semi-bedleënd is, hier agter te los, is seker een van die swaarste goed wat ek in my lewe moes doen.
As dit nie vir Juan was, wat aangebied het om hier by haar te kom bly nie, sou ek nie kon weggaan nie.
Juan, as jy hier lees—–woorde kan nooit sê hoe dankbaar ek is nie.
Ek skuld jou, Big time!!
Ek is so ongelooflik dankbaar dat die Vader dit so beskik het, dat ek kan gaan. Ek het my kinders ‘n jaar; 12 maande; 365 dae laas gesien!
Dis ‘n ewigheid!
O, ja, by the way, hou 1 April oop. Dis nie ‘n April Fool’s grappie nie——– dan tref Antie Koekie, die tydskrif, die Wêreld Wye Web Werf! Met ‘n “bang”!

A la Antie koekie-styl!
Lekker slaap, sweet dreams. Ek sal kyk of dié Antie ‘n storie of twee kan optel doer vêr, om vir julle te vertel, OK?
Ciao.

6 Responses to "#111: Weskus, Hier Kom Ek!!"

Teen die tyd slaap jy seker al … wel, miskien nie, want jy vrek seker van opgewondenheid! Jy moet dit vreeeeeslik geniet – dis net wat jy nodig het om so bietjie te de-stress na die hectic tyd wat jy agter die rug het.

Kom veilig terug! En ek sal gaan loer op 1 April – ek weet dit gaan ‘n moerse sukses wees. :wink:

Geniet dit en stuur groete!

Safe travels – geniet die kidz en moenie uithaak nie, dis ongesond. Gaan eerder mal!

Geniet dit baie! Dis moeilik om ver van die kiners af te wees – vra my skoonmammie. Sy bel al die nanny om te gesels.

Nou ja. Ek sit al van eerstehoennerpoep vanmore af in die voorste gestoeltes en wag vir die dromrol en die spiets en die grand opening van die favourite anti se e-tydskrif. Die Anti het mos gesê 1 April of hoe?

Guess the joke’s on me then, if dalk was ek soos altyd weer in die verkeerde ry. Dis nou al donker en die kinders is moeilik want hulle het te veel couk gedrink en popkorn gevreet.
Dan loop ek maar. Nag anti. Stuur groete vir die see.

Ag, PJ, jy verdien eervolle vermelding op die voorblad, sodra die voorblad op die lug is!!!!!
Het vanoggend eers die email gekry dat domain oorgedra is, nou kan dinge miskien begin beweeg. Arme Ou Dienskneg, ‘n sexy viriele man op die peak van sy virieliteit wat net om die hoek van die KKNK bly en hy moet sy hele Paasnaweek spandeer aan ‘n ou, uitgedroogde, gryse ou tannie se droomkind! Wreed, nê?

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kalender

Maart 2010
M T W T F S S
« Feb   Apr »
1234567
891011121314
15161718192021
22232425262728
293031  

Kuiergaste

  • 13,161 gaste

Top Clicks

  • Geen
"I find that the harder I work, the more luck I seem to have." - Thomas Jefferson (1743-1826)

Antie Koekie

Error: Twitter did not respond. Please wait a few minutes and refresh this page.

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.