Antie Koekie

#110: National Cleavage Day.

Posted by: Antie Koekie on: Maart 26, 2010

Vrydag, 26 Maart 2010. National Cleavage Day. Boobsday.

Of  te wel, “Hang Uit en Wys Dag”

Die manne se tonge gaan weer uithang en hulle gaan die heeldag drool…….

Nie dat ek nou ‘n ernstige probleem daarmee het nie—– ek bedoel, get real! Hoekom stort vrouens jaarliks derduisende rande in die koffers van lingerie vervaardigers, as hulle nie wil hê die mense (lees: manne) moet hul bates waardeer nie?

Want hierdie slim mense, soos Wonderbra, Playtex Cross-Your-Heart, Victoria’s Secret en ander verkoop ‘n droom.

By Wonderbra koop jy die illusie dat jou opgebruikte 32A, eintlik ‘n jeugdige 34C is.

Sannie se lewensmoeë 40CC, wat teen slapenstyd met haar naeltjie gesels, lyk more oggend heel indrukwekkend, sodra sy Die Tweeling in haar Cross-Your-Heart geskud het.

M.a.w., julle Antie verstaan die hele idee agter National Cleavage Day. Mans het ‘n beheptheid met vroue borste van die oomblik dat hy sy eerste skree gegee het, tot die dag dat hy sy kop neerlê.

Vroue het jare terug, al geleer watter krag daar in die regte halslyn is. n Sentimeter kan die verskil wees tussen sedig en stout. As kind het ek my altyd vergaap aan prentjies van Marie Antoinette en haar koek-etende vriendinne  aan die Franse hof——– boesems wat soos mosbolletjies bokant die baleine uitgepof het

Maar die ding wat dié Antie nou so dwars in die krop steek, is die blatante skynheiligheid agter die storie.

Hierdie is ‘n dag vir die manne. Maar wat van ons arme vrouens? Kry ons nie ook ‘n dag om die manne se bates te waardeer, of te vergelyk met die volgende ou s’n nie?

En  julle favourite Antie praat nie nou van boudjies nie——- huh uh! Boudjies is dubbelslagtig of eenvormig of universieël of hoe jy dit ook al wil sê.

Almàl kyk na boudjies. J-Lo het haar sitvlak verseker teen ‘n bedrag wat seker 100 mense in Haiti van ‘n huis kon voorsien

En ‘n man se mooi boudjies——-ag, liewe aarde, veral as dit sulke mooi ronde muffins is…………………..!

Maar nou sit die duiwel op my skouer en hy sê vir my: “Wat sal die manne daarvan sê as julle dames ‘n “Knop-stores” dag moet hou?”

As ons begin foto’s neem van hoe ‘n man se broek moet sit? Party dames sal seker gaan vir die losserige sweetpakbroek foto, met die effense belofte van groter dinge wat mag kom? Ander se smaak sal eerder wees vir die stywe, stywe denim, wat lyk of hy enige oomblik gaan oopbars.

Ag, en behoed ons van die ouer mans, met die wye pyp kortbroeke, wat so ongeskik sit dat jy besef dis nie net bolangs waar hy so heeltemal bollekop-kaal is nie. O, liewe Hemel, dis ‘n verskriklike onaptytlike gesiggie, wat my sommer by die naaste klooster sal laat aansluit.

Maar ek weet, en jy, dat as ons vrouens so ‘n dag instel, dit seksuele teistering sal wees.

Die manne sal so bedreig voel as hulle kroonjuwele skielik  onder die vergrootglas geplaas word, dat alles sal wegkrimp tot dit lyk of dit leeu-koud is.

Wat my laat wonder—–is  ons vroue nie tog maar die sterkere geslag? Ons kan dit immers vat!!

12 Responses to "#110: National Cleavage Day."

Dis darem nie heeltemal op dieselfde hoogte bo seepiel nie Antie… redelike verskil … sorry …

Ag dammit! Die hoogte bo see#@$% maak mos nie saak, dis ‘n minor!
En dis net ‘n kwessie van prioriteite, of hoe?

Hehehhe … ja maar as ons manne oor clevage praat en jy wil oor jeans praat is dit mos ‘n verskil … as ons oor Volksie Bonnets en derglikke dinge praat dan is mos op die selfde vlak bokant seepiel of hoe …?

maar ek maak vir ons manne ‘n inskrywing oor tieties …

[...] ‘n inskrywing, maar was nie in die mood nie. Nou wil ek net gou ons manlikheid verdedig teen Antie Koekie en al haar [...]

Se haar penrsie ;-)

Sis, Harry, is jy nou ok lelik met almal se favourite antie? Pens, dit wat ek wil doen, het niks met bonnets te doen nie. (Waaraan dink jy nou weer? )Ek wil net sê dat ek nie dink julle manne sal kans sien dat ons vrouens julle crown jewels so bespreek en fotografeer en onder die soeklig plaas nie, of hoe?

Hi Antie

Woman are from Venus … Men are from Mars … ons kekkel Noord jy skinder Suid …

Ek bespreek dit hier

http://bierpens.co.za/bier/?p=1275

[...] #110: National Cleavage Day. [...]

Sug. En toe ontdek hulle jou ook, Antie … :wink: Strongs my ding!

Ek dink regtig die twee hobbels bo het meer estetiese sukses as die knop onder. Maar begin daai man-package day dan sal ons sien.

Hel, ek roep vir ‘n national nudist day. Sien ek hande in die gehoor?

[...] kort en die lank is ek het Antie Koekie se inskrywing baie geniet oor Boobs en Wonder Bra. Sy het aan Bierpens geopenbaar dat National Cleavage Day [...]

o my aarde… nee wag julle dit klink baie bekend, hoekom moet hulle altyd vrouens se bosrte in movies oop en bllod vertoon ,aaar as dit by ‘n naked man kom is hulle skaam en wys net boude, boude sê niks oor sy jewels nie… so stem saam gee ons ‘n jewels dag!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kalender

Maart 2010
M T W T F S S
« Feb   Apr »
1234567
891011121314
15161718192021
22232425262728
293031  

Kuiergaste

  • 13,165 gaste

Top Clicks

  • Geen
"I find that the harder I work, the more luck I seem to have." - Thomas Jefferson (1743-1826)

Antie Koekie

Error: Twitter did not respond. Please wait a few minutes and refresh this page.

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.