Antie Koekie

A midnight snack

Posted by: Antie Koekie on: Augustus 21, 2009

Dis nou 23:13; amper middernag en ek is by die werk………………..

Can u believe it?

Maar dis darem 100% vrywillig. Ek doen mos elke Vrydagaand die deurnag show, van middernag tot 06:00.

Nou, ja, dis vanaand weer sulke tyd! Moet sê, in hierdie koue klink my lekker warm bed, met die 2 katte, na ‘n baaaiie beter opsie! Gooi dan sommer nog ‘n ou amarula koffietjie in, net vir groot bederf.

Louisa, stuur asb jou epos adres?

EK SOEK RAAD, ASSEBLIEF?

Ek wil ‘n blog of site begin, waar ek pay-per-click ads kan opsit.

Weet iemand hoe dit werk?

Kan mens dit op jou wordpress blog doen?

Ken julle self iemand wat dit al suksesvol gedoen het?

Kyk, as jy jy ‘n digioot is, is j met hierdie goed so deurmekaar soos ‘n ghekko in ‘n Astro boksie.

Baai for now—— moet gaan musiek maak!

3 Responses to "A midnight snack"

Antie, my email addy is louisabouwer@googlemail.com. Maar ek kan jou nie help met die pay per click goed nie, ek het dit nie eers op my eie site nie.

My magtig – kon nou amper nie my oe glo toe ek sien jy lewe nog!!
Vertel bietjie meer van wat jy alles doen – vrek van nuuskierigheid.
Het jou probeer bel, but to no avail. Hoe gaan dit met jou ma en verlang jy nie na jou kleinkind nie? Duisend goed om te vra. Mis jou, maar vrek bly jy is nou weer blogging. xx Antie van die skool

More Antie Koekie! Kan nie wat om weer ietsie van jou te lees nie!

Leave a Reply