Antie Koekie

Groete uit my voëltjie nessie.

Posted by: Antie Koekie on: Augustus 19, 2009

Ja, nes julle dink Antie koekie het die emmer geskop, dan surface ek weer soos ‘n badprop!

Hallo, hallo, hallo!

En hoe gaan dit nou met jou? En jou? En die een wat my nou die eerste keer raak lees?

Ek het in my hele bestaan nog nooit so koud gekry soos die afgelope 3 weke—— partykeer kan ek sweer my murg het in my pype gevries!!!

Maar ek sê ook soos daai digter, dis goed om te weet dat in hierdie bittere koue van my bestaan, wag die somer om aan te breek.!

O, vrek, en van gister af is julle Antie mos so moeranties, dis om van naar te word!

Seker maar die saad van die lente wat stadig maar seker besig is om te ontkiem!

 Het my “Senior Tiener” program gister op die radio gewy aan wenke om die wintersdae meer romanties te maak en al sulke nice goed. As jy nie ‘n kaggel het nie, steek jy ‘n moerse klomp kerse aan, sit die verwarmer aan, en die ligte af en speel dan mooi musiek, terwyl julle so aan ‘n ou sjerrietjie suig……………..

 En laasnag het ek van 0:00 tot 06:00, ‘n deurnag program uitgesaai, waar ek toe met die songs op die sisteem, die verhaal van ‘n man en ‘n vrou vertel het.

Was nogal ‘n goeie show, met baie mense wat ingebel het.

Die radio werk is absoluut awesome! Ek geniet dit baie. En ek is nou aangestel as die radiostasie se amptelike nuusredakteur, so, ek werk nou my jis af om vier bulletins ‘n dag te skryf, en ook nog ‘n program aan te bied.

Maar dit hou my uit die kwaad——— borrrringggg!!

 Het nog nie internet by huis, maar sal nou weer by die werk,  op elkeen se sites kom inloer.

So, wees gewaarsku, hou die koffie reg, ek sal die Amarula bring!

2 Responses to "Groete uit my voëltjie nessie."

Hey Antie Koekie! Nes ek dink jy’t jou password vergeet dan post jy weer, :-)

hi blommie!
ja, man, doodgaan is min!
het nou internet by werk, so sal dus nou weer opvang.
wil aaaaallllesss hoor van die babatjie!
weet nie hoe om feed op nuwe email te sit, sodat ek jou weer ka key nie?
nog steeds blerrie blond en ‘n digioot!
pas jouself op!
praat weer?

Leave a Reply