Posted by: Antie Koekie on: Mei 20, 2009
Al my blog maatjies ———— Wees gegroet hier uit ‘n bibberende, bitter koue Hennenman, in die Vrystaat.
Ja, ek is terug in die States, ná presies drie jaar in die mooiste, mooiste Kaap.
Dit voel weird; aan die een kant is alles so gerustellend bekend, soos ‘n paar gemaklike pantoffels. Aan die ander kant voel ek soos ‘n vreemdeling, asof ek ‘n leeftyd weg was.
Ek is elke keer uit my vel bly om ‘n ou bekende sien,hetsy vriendin of net ‘n kennis.
En as ek dan so vreeslik hartlik groet, moet ek partykeer tot my skok uitvind dat die persoon nie eens geweet het dat ek weg was nie———– praat van ‘n vinnige afkom aarde toe!
Soveel dinge het die afgelope paar jaar met my gebeur;my verblyf in die Kaap het my 10 jaar ryper en meer wêreldwys gemaak, en ek voel nou asof ek van ‘n ander planeet kom!
Ek wonder of ekspats wat terugtrek dit ook ondervind, seker net ‘n duisend maal meer intens?
Maar ek is nou hier en my ma is baie bly. Die dag toe ons ná die moordende 1200 km rit op Hennenman stop, het sy net gesê: “Dankie tog! Nou kan ek in vrede doodgaan, ek is naby my graf.”
Hoe absoluut depressing is dit nie! Hoe verskriklik klein is haar wêreldtjie nie, as sy die wonder van Kaapstad en die nabyheid van haar kleinkinders en agterkleinseun, (Luke) sal agterlaat net om naby haar graf te wees………………….
Ons is nou presies ses weke hier en in daardie tyd het vier baie belangrike goed gebeur:
Ek het vir Dellie ontmoet! En sy is stunning verby, met hierdie groot, larger than life persoonlikheid wat jou soos ‘n kombersie omvou!(Dis net haar persoonlikheid wat groot is, nie haar lyfie nie!) Ek kan nie wag om een aand saam met haar te kuier nie———- H.K.G.K!
Ek het die eerste dag wat ek in ons nuwe huis ingestap het, hooikoors gekry in twee vertrekke——- die kombuis en my “loft” (Ja, in ruil vir Tafelberg wat ek moes agterlaat, het Liewe Jesus vir my, my voëltjie nessie gegee! Maar later meer daaroor.) Dit is nou ses weke en ek drink nog steeds Allergex en hoesgoed. Ons kan nie uitvind waarvoor ek so allergies is nie. Hoes myself die hele dag in ‘n koma in— vra maar vir Dellie! Was gister by dokter, want ek kry met rukke glad nie asem nie. Die ontvangs dame sê toe dat ek vir ‘n eerste konsultasie R220 moet betaal. Toe sê dié antie, so al hygende en tussen hoesbuie deur, vir haar: “Dame, ek moet werk om die dokter te kan betaal. Maar ek is te siek om te gaan werk, dit is dus ‘n baie bose kringloop. En net die dokter kan iets daaraan doen.” Toe kry hy my jammer omdat ek so op sterwe na dood in die wagkamer rondhang! En hy sê toe vir my ek het iets soos brongiale spasma en as ek nog ‘n week gewag het, was ek in die hospitaal! Shame, ek hoop julle kry my jammer? Om te dink, vêr van Tafelberg, hondsiek in die skadu van ‘n mynhoop………..! My hoes is bietjie beter, maar die hooikoors is nog steeds daar. Maar ek sal oorleef!
Ek staan nou die dag in ABSA en vergeet my beursie op die rakkie waar ek die strokie ingevul het! Ja, toemaar, ek weet dit was blond verby! Toe ek by kassiere kom en die beursie soek, lê hy nog daar, maar minus al die geld wat ek vir huishuur moes deponeer! Lang storie kort, ek het onmiddellik vermoed dit was die twee blanke dames wat net na my daar gesit het. Die polisie het hulle ook dadelik verdink, en nog dieselfde dag gearresteer. Hulle het beloof om die geld in twee paaiemente terug te betaal. Nou wag en kyk ons maar………..
En die vierde belangrike ding: “Antie Koekie” is nou op die lug!!! Ja, kan julle dit glo? Hier is ‘n gemeenskapsradiostasie op die dorp en ek het eendag daar ingestap en vir die programbestuurder vertel van “Antie Koekie”. Gelukkig vir my, het hy toe so pas die leisels oorgeneem en was op soek na nuwe idees. Wel, hy was mal daaroor! Juliemaand kry ek my eie program, voorlopig is dit op ‘n Vrydagaand. Op die oomblik is ons besig om die luisteraars bekend te stel aan dié antie; ek het al twee keer “inbreuk” gemaak op programme en die oproepers kastig vreeslik ontstig ——–die reaksie was ongelooflik! Die mense bel in en vra wie is die vrou en lewer kommentaar vir Afrika! So, hou duim vas vir my en “Antie Koekie”, OK?
Nou ja, slapenstyd! Ek wag nog in die uiterste afwagting en spanning vir my Telkomlyn, en my internet; gelukkig is die biblioteek se rekenaars beskikbaar!
Baai for now………………
PS! Ek is vanoggend om 08h00 in kennis gestel dat ek, Alta, van Maandag af ‘n vaste uitsaai slot het, 11h00 – 13h00, Maandag tot Vrydag! Can you believe it? Nie as Aantie Koekie, nee, dit kom juliemaand. Whoa!! dis awesome verby!
Hallo Vriendin,
Ek is SOOOO bly jy is nog in 1 stuk.. Hoop hierdie kom by jou uit, soos jy weet is ek die tegnologiese gestremde musketeer. En dit is die 1ste keer dat ek dit probeer.
Ek is so trots op jou, jou eie radio-program!! Mooi man!!
Liefdetjies, Sterkte, en Alles Van Die Beste x x
Hallo Antie
Sjoe! Ek wonder so baie oor jou. Hoop gaan meer blogs skryf en nie nou die uitsaaiery verkies nie. Skryf jong! Sterkte vir jou en jou ma daar in die vertes.
Liefies
Ek laaik. Jy oet die ding net gereeld update. Hoe gaan dit met jou radioprogram. Jammer ek kan nie luister nie. Sterkte Antie koekie
Mei 20, 2009 at 13:49
Ai my moeder! All the good and the bad makes is stronger. Is vandag trig in die mooiste mooi Kaap vir my eerste managers meeting en besef nou eers hoeveel ek die plek mis. Luke se hart was gebreek toe hy hoor ons sien net vir oupa en nie sy “Atta” nie!