Posted by: Antie Koekie on: Maart 29, 2009
Ek het julle mos gesê daar is ‘n simpel mannetjie op my PC wat nie hou van Antie Koekie!!
Ek publish van gisteraand af, en elke keer wys hy my net die paapi-suki-kaki storie.
En toe my verskriklike oulike slim dogter dit hoor, sê sy: “Maar miskien refresh jou PC nie. Kom ons check op die Blackberry.”
En daar is dit toe———- 5 (vyf!) X dieselfde storie!!
BLOND!!
Skies daarvoor! Kan iemand my GROOT asseblief laat weet hoe de flip mens dit kan delete? En hoekom doen my PC dit?
Dellie, as jy miskien hier lees——– ek’s een van die dae weer in die States en dan kom ek na jou vir klasse, OK?
Dit kom daarvan as geriatrics hulle besig hou met die dinge van ‘n kind!!
My stresvlak is op die stadium sky high——- vêr hoër as my IK!
Ons huisie in Hennenman se deposito is vandag uitgesorteer. (Dankie, liewe Jesus, U is altyd getrou!)
Het ek julle al vertel van ons huisie? Drie slaapkamers, met een kamer op ‘n boonste vloer. M.a.w., my voëltjie nessie, wat my skryfkamer gaan word. En hy het nog ‘n posseëlgroote balkon ook, wat westekant toe kyk.
[...] “Ek is opsoek na Dellie…” kom die antwoord. “Ek is Antie Koekie…” [...]
Maart 29, 2009 at 14:45
Om te delete is maklik – gaan net in by die dashboard, en aan die linkerkant click op posts, dan sal dit ‘n lys opbring waar jy die dubbels kan afhaal.
Sterkte met die gremlin, moenie water op hom gooi nie.