Posted by: Antie Koekie on: Maart 28, 2009
Hallo Maatjies,
Dis Saterdag, 28 Maart 2009,
Dis die Begin van die Einde van Antie Koekie se verblyf in die Mooiste, Mooiste Kaap!
Maandag, of as ek dit kan regkry, Dinsdag op die laaste, stop Execu Move se trok voor die deur en sluk al my besitting in. As als goed gaan, spoeg hy dit in Hennenman uit op die 4de April.
Kyk, hierdie antie van julle KEN van trek, maar die Liewe Vader weet, dié een, sal ek nooit vergeet, al word ek 110! Dit het die afgelope ses weke gevoel asof ek net ‘n willose, breinlose dop was, wat deur all die motions gegaan het. Die regte Alta was êrens, diep gebêre. Met die al die chaos in my lewe, kon ek ook skielik nie meer skryf nie; ek het drááie om my PC geloop.
Dit was kompleet asof ek nie die krag gehad het om weereens die ou, ou storie van appelbokse en pak en trek en “new beginnings” te vertel nie. Julle wat my ken, kan die storie al woord vir woord herhaal——- want dit bly elke keer basies dieselfde.
Maar hopelik was alles net praktiese voorbereiding vir ‘n topverkoper oor: “Hoe om te Trek sonder om jou Kop te Verloor”!
Die stories om te vertel, was daar, soos oor my ongelooflike lunch saam met André P Brink (ek het tot foto’s om te deel!), maar dit was asof my ingeboude PC se CPU opgepak het.
But now I’m (again!) alive and well and kicking!
Vroeg vanoggend het ek my contact list op my selfoon so bietjie “aan die kant” gemaak en alle Kaapstad nommers wat ek nooit in my lewe weer sal gebruik nie, afgehaal. En dan loop ‘n ou se kop mos draaie; dan onthou jy die wonderlike plekke en tye waar jy hierdie mense ontmoet en leer ken het.
Omdat ek nie dadelik ‘n landlyn sal hê nie, het ek my epos adres verander; dis nou antiekoekie@gmail.com.
Hierdie trek is vir my ‘n absolute bevrydende ervaring——– ek gooi uit wat voorkom! En nie speel-speel nie—– ordentlik, asof ek dit bedoel! Boeke, kat-ornamente, breekgoed, klere van my maer dae, alles waarmee ek nie weer wil sukkel nie. Wat ek nie kan verkoop, dump ek op Hospice se stoep! (Wens ek kon so 10 kilo’s vet ook daar ge-dump het!)
OK, Maatjies, dis nou al vir vandag, more gesels ons verder.
Ek is half bang om so te sê, want elke keer as ek met ‘n moerse bang aankondig dat al my probleme uitgestryk is en ek nou weer gaan skryf dat die biesies bewe, gebeur daar iets en dan skryf ek weer niks vir ‘n hele maand lank…………….
Is daar dalk ‘n gremlin op my rekenaar wat anti-Antie Koekie is?
Maatjies se Menings