Antie Koekie

My Paapi suki my kaki!

Posted by: Antie Koekie on: Maart 4, 2009

Ek moet julle eers gou vertel wat verlede Maandag gebeur het.

Dit was so seker half sewe se kant toe ek wakker word van hierdie moerse commotion—– deure slaan toe, mense skree op mekaar, kinders huil en honde blaf……….

Als goed wat ‘n mens beslis NIE so vroeg op jou nugter maag wil hoor nie en definitief ook nie hoe Dr. Phil sou aanbeveel dat jy jou week begin nie!

Ek het eers later die aand die storie gehoor………………

Toe my dogter by die venster uitkyk om te sien wie vermoor word, sien sy die volgende:

‘n Man staan by sy bakkie en slaan die deur toe met al sy mag, terwyl hy skree: “Ek is 34 jaar oud en ek is nie nog lus vir kinderkak nie!!”

Met dié, hol die kleintjie, seker so vyf, ses jaar oud, die pad op, al skreeuende: “My Paapie issie lus my kaki!”

En die arme ma, met wapperende japon agterna: “Toemaar, my Liefie, dis nie wat jou pa bedoel nie!”

Ek wens ek het die vermoë gehad om die prentjie vir julle teken soos wat ek dit beleef het!

Ek het seker amper ‘n uur lank onbeheersd gelag!

Kan julle dink wat deur daardie kleintjie se kop gegaan het? Ek bedoel, hoekom is sy pappie dan nou nie meer lus vir sy poefies nie?

Sou darem wát wou gee om te weet wat dit is wat die arme man se Maandag én sy week, so behoorlik opgefoeter het………………….

Leave a Reply