Posted by: Antie Koekie on: February 4, 2009
Hallo maatjies!
Very long time no see, of hoe?
Lyk my ek het elke begin van die maand ‘n nuwe verskoning!
Januarie se verskoning was ‘n aaklige virus, Trojan of so iets (askies, Louisa en Anne-Marie, vir wie ek dit aangestuur het sonder om te weet?); gelukkig kon skoonseun red wat te redde was.
Maar dis nie oor virusse en goed wat ek wil skryf nie——– Nee! Dis oor daai ander virus, wat mens soos groot dinges tref, maak nie saak hoe goed jy knyp nie!!
Kyk, die enigste rede waarom ek julle altyd so vertel het van my amoreuse eskapades, was omdat ek vas en verseker geglo het dat ek ál my, én tien ander vrouens, se kanse op geluk opgebruik het. Ek het (baie teësinning!) vrede gemaak met die idee dat die liefde my adres verloor het.
Tot 14 dae gelede……….
Toe ‘n slapende man (op my bed; onskuldig; in die middel van die dag; net omdat hy sleg gevoel het) al my skanse afbreek.
Wie? Wat? Waar? Hoekom?
Een Sondag, Sept. 2008 het ‘n man direk op die olyftafel afgeloop en met my begin gesels asof hy my al jare ken. ‘n Baie gawe man, maar nie een van my tipiese rof-en-onbeskofte soort nie. Maar ek het tog aangetrokke gevoel tot hom.
Om ‘n lang storie kort te maak, albei se seerkry in verlede het veroorsaak dat ons ‘n eierdans óm mekaar, in plaas van ‘n paardans mét mekaar gedoen het!
Ek het besluit die ou stel nie regtig belang nie, want hy doen dan niks om my beter te leer ken nie! (Julle ken my mos nou al—- a bull in a china shop se Moses!) Hy, weer, was so bang om homself weer bloot te stel vir seerkry, dat hy eers gekyk het hoe ek voel en dus tot die slotsom gekom het dat ek met hom speel.
Praat van ‘n comedy of errors!
Hy het my genooi om die oujaarsdiens by te woon, “…as jy nie iets beters het om te doen nie.” Ek het gegaan, gevind dat ons ‘n groep was en, omdat ek nie geweet het wat gaan vir wat nie, baie duidelik my afstand gehou.
Hy het my een Saterdag genooi om saam te ry Stellenbosch toe (vir sy besigheid); my na die aarbeiplaas geneem,baie bederf……….en toe by die huis gaan aflaai!!!
Praat van so gekonfoes soos ‘n verkleurmannetjie in ‘n boks Smarties!
En dis toé dat ek besluit: Luister, dié ou wil woer-woer speel! Nie vir my nie, dankie! Hou gerus maar verby!
En verlede week kom hy gou koffie drink in die middel van die dag en hy kla dat hy regtig goor voel, duiselig, en of hy net so tien minute kan rus voor hy teruggaan werk toe.
Ag, maatjies, toe ek ‘n halfuur later langs die bed staan om hom wakker te maak en ek onthou hoe lekker dit altyd was om ‘n dapper held van ‘n man, so weerloos en slapende te sien, toe kraak die skarniere van die deure wat ek om my hart gebou het.
Ek het hom toe nie daardie week weer gesien nie; maar die man spóók toe by my!
Sondag, 25 Januarie, toe sms ek om te sê ons moet práát!
En toe ons praat, toe val al die legkaarte stukke in mekaar om die mooiste prentjie te maak!
En weet julle wat is die wonderlikste van alles?
In elke liewe verhouding van my het ek altyd my jis afgewerk om te sorg dat ek so oulik lyk en is, dat die ou ‘n fool sal wees om my deur sy vingers te laat glip…………..
Wel, almal hét, so dit het báie duidelik vir báie fools nie gewerk nie!
Hierdie keer het ek egter so hard gewerk daaraan dat die ou tog net moet besef dat ek eintlik bad luck is; dat hy betyds sal agterkom hy kan eintlik nie met my saamleef, voordat iemand (lees: ek) weer seerkry nie.
Ek was nie my borrelende, sprankelende, koketterige self nie—–As hy kom koffie drink, het ek sommer met my geskeurde denim, sonder grimering rondgeloop!!
En nou——- nou is die koeël deur die kerk!
Ek kan weer lag en dans en stout wees. Ek mág maar ‘n rooi rok maak vir Valentynsdag; ek mág hom maar vra om my prente op te hang; ek mág maar met nuwe selfvertroue in die dorp loop en sê: Eat your hearts out, boys, I’m taken!
Antie Koekie het haar jis gesien,,,,,,,,and she’s loving it!!
Dit moes as lankal gebeur het. Geniet die liefde en die lepel lê!
Haai Antie Koekie
Gits Frits – wat vertel jy my nou alles. Maar raai wat – - – ek dink ek het ook nou my jis gesien. Een ding … dis lekkkkker of wat se jy? Maak ‘n draai dat ons kan “compare”
February 4, 2009 at 06:20
O wee! Antie Koekie, dit klink vir my mos na goeie nuus?
Jy beter ons op hoogte hou en nie weer so verswyn nie, hoor!