Posted by: Antie Koekie on: September 23, 2008
Hierdie Kaapse winterreën wat nog nie agtergekom het dis al lente nie, laat my sommer voel asof dit my mo-jo die see in gespoel het.
Vaderlandsliefde! Nee, kyk, sulke beswaarde treurigheid op note kan ek wragtig nie meer verduur nie!
Maar dis partykeer half moeilik om jouself positief te dink………..
Die hemele het heeldag emmers water voor my venster laat afstort en ek was verseker meer lus om in die bed te klim met ‘n mooi boek, as om klere weg te pak.
Ag, maar soos die ou liedjie sê: “Thank you for the music, the songs you’re singing, bla, bla, bla, and the joy you’re bringing…”
Ek het sommer ‘n ou kasset uit ‘n vergete boks ingesit en skielik bars CCR my kamer binne met “Hey, tonight.”.
Boetaaaaaaaa! Toe kry hierdie Antie Koekie darem vir jou LEWE! En op ‘n vierkante meter spasie in my kamer dans ek soos jare terug. En skielik is dit weer 1983, toe ek hierdie compilation opgeneem het.
Weg is die pyne en skete skielik. En ek is weer 30 jaar oud, pas geskei, ge-super charged, besig om DIE LEWE te ontdek.
Whoa!! Wat is fees was dit nie!
En dit het net die luister na daardie kasset gekos om my weer terug te vat na daardie opwindende roller coasterride-tyd in my lewe.
Motiveringssprekers is mos nou die nuwe craze; almal luister na hulle, want almal soek wenke om net te kan cope met die pas waarteen ons leef en al die flippin druk wat op elke mens is.
En die buzz word is mos maar om jou gedagtes positief in te stel, want, soos die Bybel al duisende jare sê: wat ‘n mens dink, so is die mens en wat die mens dan sê, dit al hy kry.
Miskien moet ek ook op die wa klim en begin predik dat jy musiekterapie nodig het om jou gedagtes positief in te stel?
Dat ‘n mens nie spesifiek strelende oseaan-geluide in die agtergrond nodig het nie, maar partykeer lekker wilde gatskop musiek, wat jou voete dwing om hul eie ding te doen………………
Ek weet nie van julle nie, maar ek luister amper nooit na my stewige CD versameling nie. Die TV is heeldag aan vir my ma en dan raak ek besig en dink nie daaraan om moeite te doen om na die wonderlike songs te luister.
Ek dink hierdie dubbelKsenterA stop nou net hier!
More-oggend vroeg begin ek my dag met Klipwerf se “Lapland”en dan gaan ek by die deur staan en wag dat my mo-jo my bo van my voete af bespring!!
Daar is niks soos dans en musiek om mens weer volledig mens te laat voel nie
September 25, 2008 at 20:37
Sjoe, sien jou in lewende lywe, maar … jy is darem stil op die blog. Skoon uit my “music” geskrik toe ek nou kyk en jy gesels darem weer. Praat van motiveringssprekers: ek lees nou “Eat, Pray and Love” . Klink vir my al te veel of dit jy is wat onder ‘ ‘n skuilnaam’ dese boek geskryf het. Nog net so 100 bl van 348 gelees, maar die lyn tussen jou en die skrywer klink nogal vreesaanjaend dieselfde. Leen dit vir jou as ek klaar is.