Antie Koekie

Toe piets die Blinde Sambok my!

Posted by: Antie Koekie on: Julie 29, 2008

En daar piets die Blinde Sambok my toe op ‘n plekkie wat baaie seermaak ——-my Antie Koekie-plekkie!!
Gelukkig het ek besef wat aangaan, askies gesê en my plekkie is weer OK.
Dankie Vader!
Vir party mense sal ek nou glad nie sin maak nie. Maar ek glo daar is ander wat so tussen die lyne sal kan lees en presies sal weet waarvan ek praat.
Laat ek net sê dat Antie Koekie ( heel verstáánbaar!) só ‘n belangrike deel van my lewe geword het, dat ek my ander prioriteite afgeskeep het.
Sondagoggend het dit gereën in die Kaap, ek het verkoue gehad en dit was net soveel lekkerder om die hele dag met Antie Koekie te kuier, as om byvoorbeeld, kerk toe te gaan (wat ek al vroeër in die week besluit het om te doen!).
En Sondag toe raak Antie Koekie se plekkie so deurmekaar soos ‘n verkleurmannetjie in ‘n boks Smarties. En niks wil werk nie, en niks maak sin nie. Elna en Louisa het als probeer!
En vandag, voila!, is als weer reg!
Wat ‘n verligting!

Wel, as jy rasioneel redeneer of nugter en realisties is, en miskien ‘n bietjie sinies ook, mag jy dalk sê dat dit nou die grootste klomp strooi is wat jy nog gehoor het. Miskien, vir jou— maar vir my maak dit sin en in my lewe werk dit so.

Dis die reëls waarvolgens ek leef, en dit is vir my goed en reg. Dit gee struktuur aan my lewe en ek weet ek is veilig solank ek binne daardie reëls leef; vry, om myself te wees, soos ‘n vis vry is om homself te wees solank hy in die water bly.
En, hoor ek iemand vra, wat nou van “doing outrageous stuff”?

Dis nog steeds my motto. Maar op die plek in my lewe waar ek nou is, wil ek niks doen wat my verhouding met my Vader sal vertroebel nie.
En die lekkerste lekker van alles is dat Hy my, onnutsige probleemkind van Hom of te not, aanvaar net soos ek is!

2 Responses to "Toe piets die Blinde Sambok my!"

Hallo Antie!
Ek het al ‘n comment hier by jou gelos, maar dit was gespam en het nie deurgegaan nie.
Jy het ‘n baie oulike blog. Jy skryf uit jou hart uit, en daar is ‘n lessie in elke posting. Soos vandag s’n. Baie dankie.

Dis die eerste keer dat ek hier kom kuier! En dit was heerlik! Sal beslis weer kom!

Leave a Reply