Posted by: Antie Koekie on: Julie 31, 2008
Ek dink ek moet net gou iets hier regstel – ek is nie homesick nie; ek verlang nie terug na Odendaalsrus, Welkom of die Vrystaat nie.
Dis my geboortegrond. Op Hennenman is ek gebore; skoolgegaan op Virginia (Hentie Cilliers Hoërskool, die beste in die wêreld!); gewerk, getrou, gebly en geskei, in die res van die Goudveld; [...]
Posted by: Antie Koekie on: Julie 30, 2008
Vanaand lees ek toe vir Gertgariep raak en daar krap die flippen mannetjie aan ‘n plek wat nie nou jeuk nie!
En die plek jeuk nie nou nie, omdat ek gereeld troos-roompies en salfies aansmeer, sodat die plekkie nie kan onthou om te jeuk nie.
En die slag, soos nou as hy jeuk, kom klou die verlange [...]
Posted by: Antie Koekie on: Julie 29, 2008
En daar piets die Blinde Sambok my toe op ‘n plekkie wat baaie seermaak ——-my Antie Koekie-plekkie!!
Gelukkig het ek besef wat aangaan, askies gesê en my plekkie is weer OK.
Dankie Vader!
Vir party mense sal ek nou glad nie sin maak nie. Maar ek glo daar is ander wat so tussen die lyne sal kan lees [...]
Posted by: Antie Koekie on: Julie 28, 2008
Hallo daar,
As ons gelukkig is, werk Antie Koekie se binnegoed weer vandag———-nee, nie myne nie, die site s’n!
Ek het Saterdag en Sondag geskryf dat die biesies bewe———- drie posts, can you believe it?
En toe sit daar so ‘n klein ietermago in my PC en die klein blikskottel gooi die posts deurmekaar. En hy gee my [...]
Posted by: Antie Koekie on: Julie 28, 2008
Hallo julle jongelinge daarbuite!
(Dis nou almal wat onder 50 is!)
My uiters traumatiese verjaarsdag nou onlangs het my met ‘n floppen wrede skok laat besef dat niemand my kaas geskuif het nie, maar eerder my jeugjare gesteel het.
My ID sê: 55; my hart, siel en gees sê: 29! Die hartseer ding is dat ek maar 29 [...]
Posted by: Antie Koekie on: Julie 28, 2008
Louisa se lysie het my aan die dink gesit: wat is daar omtrent Antie Koekie wat julle nie alreeds weet nie en wat julle moontlik om een of ander onverklaarbare en bisarre rede interessant mag vind?
Dit is moeilik om sommer so uit die vuis te onthou, dus sal ek seker hierdie hele dag besig wees [...]
Posted by: Antie Koekie on: Julie 22, 2008
Groot askies vir gister se gekerm?
Het agtergekom wat die fout is——– is al sedert 1995 op anti-depressante en verlede week toe ek die laaste pilletjie sluk, besluit ek mos om sommer nou op te hou, net so, sonder ‘n geleidelike uitfasering.
Want ek voel mos nou eintlik heel OK!
Ja, toemaar, diegene wat kén van sal my [...]
Posted by: Antie Koekie on: Julie 22, 2008
Goeiedag!
Dis Maandag, 21 Julie 2008; ‘n nuwe dag, ‘n nuwe week en die sewende maand van hierdie jaar lê al amper op sy rug, “bones in the light”!
En ek, Antie Koekie (alias Alta, vir my ma), soek my jis af na die 203 dae wat onder die mat gevee is en wat ek nie kan [...]
Posted by: Antie Koekie on: Julie 15, 2008
Gisteraand het ek julle gelos, waar ek soos Lot se vrou, op die kant van die swembad gestaan het, met twee keuses:
1. Ek kon, soos ‘n ordentlike vrou, omgedraai het en die “ordentlike” ding gedoen het (soos my ma my grootgemaak het!); ek kon in my kar klim, huis toe ry en my storie gaan [...]
Posted by: Antie Koekie on: Julie 14, 2008
Erens in Gauteng is ‘n mannetjie so na hierdie antie se ou hart.
Sy naam is Mark of Marko en behalwe vir ‘n gesprek Vrydag, van omtrent twee minute voor die ingang na die Tygervallei Sentrum in Bellville, weet ek nie baie van hom nie.
Maar ek weet een ding: Dis ‘n mannetjie in [...]
Maatjies se Menings