Antie Koekie

Ek’s ‘n roof-blogger!

Posted by: Antie Koekie on: Junie 19, 2008

As julle dink daar’s iets erger in die wêreld as bloeiende aambeie………………..dink weer!!

Om skielik internet- en emailloos te wees, IS VERSKRIKLIK!!

Die dierbare mannetjie by Telkom, François, het ‘n paar toutjies getrek en darem al ‘n voorlopige datum, 2 Julie 2008, vir ons gekry.

Noudat hy ‘n voet in die deur het, kan hy ons probeer indruk by ‘n kansellasie.

 

Ek kan nie wag nie!! Ek ly aan ontrekkings-, verwerpings- en nog allerhande simptome.

Ek kry myself jammer en dink sommer al byvoorbaat hoe erg dit sal wees om nooit, ooit in my lewe weer op die wye, wye, wonderlike grenslose kuberruimte te kan kuier.

 

Weet julle wat? Internet en DSTV is soos (goeie) seks; as jy eers eenkeer daaraan gewoond geraak het, kan jy nooit weer daarsonder!

 

(Die paar posts wat julle kon lees, het dierbare 123 Blog myself Louisa vir my opgesit en toe vir my dogter gewys hoe om dit te doen.)

 

Halloooo daar!! Ek mis julle!

 

Ek het nie ‘n cooking clue of Jane al getroud is en hoe dit met De Mario se liefdeslewe gaan? Pik Pikkelik nog voort en vir wie skel Plattie nou weer? Kry Dellie koud in Welkom en hoe gaan dit met Sonkind, Roer, Tristan, Wipneus, Voetjies, Zee en sommer al die ander?

 

Aangesien ek die 24ste Mei laas gelees het wat julle aanvang, het ek floppen baie leeswerk om in te haal, eendag, op ‘n reëndag, as Telkom my knoppies druk!

 

 

Nou’t ek so gedink – aangesien ek nog nie ADSL of wat ook al het nie, dink ek WordPress behoort my te borg met airtime …………………..

 

Hoe anders dink hulle sal ek kan opvang en inhaal???

5 Responses to "Ek’s ‘n roof-blogger!"

Nog hier Koekie……kry net flippen koud!!!

Dis waar DStv en blogs is verslawend….erg so

Ons is almal nog hier en wag net vir jou om terug te kom. 2 Julie is my Liefie se verjaarsdag – dalk moet ons GROOT Online-party hou as jy jou internet dan terugkry! :lol:

Ek stuur positiewe denke om die Telkom queues oornag te laat verdwyn!

En ek is nog nie getroud nie, jy’t nog tot die 11de Oktober om weer online te kom! ;)

Ek is nog hier Koekie, ons wag geduldig vir jou.

Jy is reg oor die Blog en Dstv verslawing!! ;)

Leave a Reply