Posted by: Antie Koekie on: Junie 19, 2008
Ek het Sondag die wonderlikste skat in die Bybel ontdek.
Nogal in een van daardie ellelange geslagsregisters.
Ek lees dit mos eintlik nooit nie (wie doen??), want daar’s geen bemoedigende versie in om my deur my dag te dra of ‘n belofte om aan vas te hou nie.
(Eintlik redelike vervelige leesstof, as jy my vra)(Met respek!).
Maar Dr. [...]
Posted by: Antie Koekie on: Junie 19, 2008
As julle dink daar’s iets erger in die wêreld as bloeiende aambeie………………..dink weer!!
Om skielik internet- en emailloos te wees, IS VERSKRIKLIK!!
Die dierbare mannetjie by Telkom, François, het ‘n paar toutjies getrek en darem al ‘n voorlopige datum, 2 Julie 2008, vir ons gekry.
Noudat hy ‘n voet in die deur het, kan hy ons probeer indruk [...]
Posted by: Antie Koekie on: Junie 18, 2008
Liewe Braam,
Al het ek jou nog nooit met ‘n oog in lewende lywe gesien nie, tjank ek my papnat elke keer as ek nóg ‘n beriggie oor jou dood of jou begrafnis lees.
Hoekom?
G’n mens weet nie en ek? Minste van almal!
Dis baie beslis nie oor jou kosmakery nie – want ek haat kook. Ek beskou [...]
Posted by: Antie Koekie on: Junie 6, 2008
Ek weet nie of daar verjaarsdagpartytjies in die Hemel gehou word nie. Dit sal ek eers weet as ek daar is.
Maar ek hoop tog so, want my meisiekind is daar en dis vandag haar verjaarsdag.
Cecile Taljaard is op 6 Junie 1980, om 01h45 die nag gebore. Sy was ‘n kuier-oppie-plaas-glipsie en haar geboorte was sommer [...]
Posted by: Antie Koekie on: Junie 5, 2008
Uiteindelik is dit klaar, agter die rug, afgehandel! Vir die volgende twee jaar hoef ons nie weer te dink aan trek nie; as ons baie gelukkig is, kan ons dalk hier oud word!!
(OK, OK, so ek is al klaar oud, maar julle weet wat ek bedoel!)
Ek wag nou net met ‘n seer hart op Telkom, [...]
Maatjies se Menings