Posted by: Antie Koekie on: Mei 29, 2008
Dose, dose, orals dose; dose waar jy kyk of draai!
(Dis nou die bruin kartonnerige soort.)
Dis 22H55, Donderdagaand en more is D-day!
Daar lê nog twaalfhonderd-en-twintig los goedjies rond en ek het nou besluit tot hiertoe en nie verder! Ek is moeg, gatvol, gestress en my onderbewussyn roteer al die lysies in my kop teen ‘n verbysterende snelheid, oor en oor en oor……………
So, gun my asseblief hierdie laataand onsamehangende geskribbel?
“Antie Koekie” is op hierdie oomblik die enigste ding in my lewe wat nog presies is waar sy gister en eergister gewees het en hopelik nog more en oormore ook sal wees.
Al my aardse besittings is in bokse en dit freak my uit – as ek nou skielik iets nodig kry het ek amper 100 appelbokse om raai-raai riepa mee te speel!
Mag die ou wat die eerste appelboks ontwerp het tog eendag ‘n spesiale plekkie in die Hemel kry! Ek het in my lewe al amper net soveel keer verhuis, as wat ek jare op my kerfstok het en die afgelope 20 jaar het ek geleer dat ‘n vrou-alleen, nie iets anders gebruik as stewige appelbokse nie.
Ek het geleer dat ‘n appelboks vol boeke, net swaar genoeg is dat ‘n vrou dit nog kan optel. Jy kan hulle ook mooi netjies opstapel in die hoek, almal ewe groot en niks lomp seeppoeierbokse wat meegee onder die gewig.
Elke vrou weet mos ook hoe ‘n man kan kla oor die ou tydskrifte wat sy saam piekel? Wel, jy pak hulle so twee diep, twee langs mekaar, onder in elke boks (hulle pas perfek!) en dan sê jy; “dis om die glasgoed te beskerm”. Dan kom daar ook weer ‘n paar bo-op als, net voor jy die boks toemaak en verseël.
Siedaar, een appelboks, en agt tydskrifte gered!
Jy kan tot die katte daarin vervoer!!
Viva die appelboks!
Julle sal onthou dat ek gesê het dat ek met niks onnodig gaan trek nie? Wel, op die ou einde trek ek wel met als, maar ek het vandag van ‘n organisasie gehoor wat behoeftiges help. Ons het juis nou so ‘n nood in die Kaap, met plakkershutte wat afbrand en mense wat letterlik elke enkele besitting verloor, in een oogwink.
Ek gaan dus nou met die uitpak, anderkant, als uitgooi waarvoor ek nie plek kan kry nie.
OK, nou val my oë toe!
Lekker slaap!
Sterkte, wil nog sien wat jy gaan weggooi! Ek verplaas net alles elke jaar in ‘n ander kas in.
Groete
Sterkte. Ek is ook seker dat ander mense wel baie bly sal wees oor wat jy uitgooi.
Nee, allewereld, waar kruip jy nou weg? Is die bokse jou oor? Ons het nou glad nie ‘n “clue” wat met jou aangaan nie. Weet van die nuwe haarjties, maar wat dan nou van die nuwe huis? Jy skeep ons mos nou af. Laat waai ‘n bietjie.
Die stilte is oorweldigend! ;(
Ek het so lekker gelees en nou is daar niks!
Mei 30, 2008 at 06:12
Haai shame, so trekkery is darem maar ‘n pyn in die gat, ne?