Antie Koekie

Voor die Victor Verster se hekke

Posted by: Antie Koekie on: Mei 25, 2008

Hi julle,

Ons het vandag weer ‘n shoot gehad vir die nuwe film, “Endgames”, wat handel oor Madiba se vrylating en al die gebeure rondom dit. Dit was in ‘n sekere mate baie intens en ek is vanaand emosioneel totaal gedreineer!

.

Ons is om 06h00 per bus vanaf “Foreshore”, in die stad, na die eertydse Victor Verster gevangenis in Franschoek.  Daar aan gekom het ons na al die footage gekyk wat verfilm is daardie geskiedkundige dag toe Nelson Mandele as ‘n vry man deur die tronk se hekke gestap het.

Maak nie saak wat jou opinie oor die situasie in ons land is nie, maar die grootsheid van daardie oomblik, 18 jaar gelede, het meer as een van ons weereens na ons sakdoeke laat gryp.

 

Daarna moes ons die hele scenario so getrou as moontlik laat herleef.

 

Die Amerikaanse akteur wat Madiba se rol vertolk, kon net so wel sy broer gewees het. Winnie word deur ‘n uitstekende plaaslike aktrise vertolk.

 

En al het mens geweet dat dit net speel-speel is………….. Die oomblik toe “Madiba” uit die kar klim en na ons aangestap kom, was dit so ongelooflik “real”! Dit was asof  ons die horlosie teruggedraai het!

Koue hoendervleis het op ons uitgeslaan en elkeen het vorentoe gebeur om net sy aandag te kon trek.

 

Vir ‘n paar uur vandag  het oud en jonk, wit en swart en bruin en enige iets tussen-in, saam opgegaan in die vreugde van die oomblik.

Ons was soos kinders wat om Kersvader saamgedrom het; wagtend op die goedheid en guns wat ons gehoop het hy sal uitstrooi oor ons.

 

Julle moet my glo ——- daar hét nie vir ons iets soos ras en kleur bestaan nie; daar was ‘n amper perfekte eensgesindheid en gemoedelikheid onder ons klomp ekstras. Almal het met mekaar gesels en grappies gemaak.

 

In die bus, op pad terug, was almal stil; asof die hartseer ironie van die werklikheid tot ons deurgedring het.

 

Veertien jaar gelede was daar soveel van ons, oor alle grense heen, wat GEGLO het dat ons, met die Here se genade en Madiba se leiding, die nuwe reënboog-nasie se wa deur die drif sal kan trek.

 

Maar as jy na vandag se koerant-opskrifte kyk, lyk dit eerder asof daardie reënboog ook maar net ‘n illusie was.

 

Dis so floppen sad…………….!

3 Responses to "Voor die Victor Verster se hekke"

Hollywood ster in ons midde!
Reënboog nasie is maar net ‘n droom.

Dit is inderdaad sad, soos Jaco die ander dag gesê het, ek soek net my reënboog terug….

Die pot aan die einde van ons reënboog was toe al die tyd vol bollie…. Ek hoor wat jy sê Antie, ai, ai, ai….

Leave a Reply