Antie Koekie

Archive for Mei 2008

Viva die appelboks!

Posted by: Antie Koekie on: Mei 29, 2008

Dose, dose, orals dose; dose waar jy kyk of draai!
(Dis nou die bruin kartonnerige soort.)
 
Dis 22H55, Donderdagaand en more is D-day!
 
Daar lê nog twaalfhonderd-en-twintig los goedjies rond en ek het nou besluit tot hiertoe en nie verder! Ek is moeg, gatvol, gestress en my onderbewussyn roteer al die lysies in my kop teen ‘n verbysterende [...]

Voor die Victor Verster se hekke

Posted by: Antie Koekie on: Mei 25, 2008

Hi julle,
Ons het vandag weer ‘n shoot gehad vir die nuwe film, “Endgames”, wat handel oor Madiba se vrylating en al die gebeure rondom dit. Dit was in ‘n sekere mate baie intens en ek is vanaand emosioneel totaal gedreineer!
.
Ons is om 06h00 per bus vanaf “Foreshore”, in die stad, na die eertydse Victor Verster [...]

Die GT:Stresvlak hoër as my IK!

Posted by: Antie Koekie on: Mei 22, 2008

O, my skattebolletjies!
Julle favourite Antie (ek is mos nog, nê?) se stresvlak is deesdae baie hoër as my IK————- en dít, if I may say so, is moerse hoog!!
 
Dis net bokse en ou koerante en wggooi-goed waar jy kyk. En tussen dit als moet ek nog my normale huisie-huisie dinge doen! (Tussen SEWE katte, wat [...]

“Die Jhere is vi my goeter….!”

Posted by: Antie Koekie on: Mei 15, 2008

In die Ou Suid-Afrika het iemand eendag vertel van ‘n ou Kleurling man wat so haasbek en al, vol vreugde uitgeroep het: “Die Jhere is vi my goeter as vi allie mense!”
Vanaand kan ek in volle oorgawe met hom saamstem, want……..
ONS HET DIE PERFEKTE HUIS GEKRY!!
4 Slaapkamers (1 elk vir my ma, myself, kleinkind en [...]

I did it!

Posted by: Antie Koekie on: Mei 15, 2008

Goeie more, maatjies ——————Staan nader.
Dis tyd vir ‘n dansles!
 
Is julle gereed?
 
OK,:

Buig die knieë effens,
Gooi die boude so effens agtertoe
Trek die magie  bietjie in.
Strek die arms vêr vorentoe.
Vat altwee hande styf vas.
Maak ‘n roerbeweging asof jy kokende slappap oor ‘n oop vuur roer.
Gooi terselfdertyd jou heupe sterk in die teenoorgestelde rigting.
Skree nou kliphard: “She did it, oh [...]

Net ‘n bietjie lag…..

Posted by: Antie Koekie on: Mei 13, 2008

Het hierdie epos ontvang en gedink julle sal dit ook net soveel geniet as wat ek het!
These are clips from council complaint letters:
>
> 1. My bush is really overgrown round the front and my back passage has
> fungus growing in it.
>
> 2. He’s got this huge tool that vibrates the whole house and I just
> [...]

Ek’s famous: vervolg.

Posted by: Antie Koekie on: Mei 13, 2008

Ag, die lewe van ‘n AKTRIUUUZZE darem! Al die GLITZ and GLAMOUR van SHOWBIZ!!
Maar, (sug, sug,) IEMAND moet dit doen!
 
Maar, iets  wat al daai showbiz mense nooit, ooit vertel nie, is die harde werk en lang ure voordat die regisseur uitroep: “It’s a wrap!” Miskien is dit ‘n poging om die illusie van die fantasie [...]

Orry, keyboard il nie erk nie!

Posted by: Antie Koekie on: Mei 12, 2008

Hallo, almal,
Ek  ou vanaand lekker gezelz het, net om agter te kom dat my keyboard nie reg  erk nie!
Jammer, zien nie kanz vir die gezukkel; zal more regmaak.
Lekker zlaap!
 
 
 

My Moment of Fame! Ek’s op TV!

Posted by: Antie Koekie on: Mei 9, 2008

Julle moenie hierdie Antie Koekie so vlak kyk nie—- ek was tog op TV!
Ja, ek belowe, sonder om ‘n woord van ‘n leun te vertel.
OK, ek was nie in ‘n major film nie; dit was ‘n advertensie.
Maar advertensies tel ook, of hoe?
 
Ag, ek glo julle brand om te weet………………….
Dit was in die nuwe Wesbank ad; [...]

Blogging is my Warmlugballon

Posted by: Antie Koekie on: Mei 7, 2008

Klop-klop.
Wie’s daar?
Kani.
Kani wie?
Kani slapi, dis wie!
 
Dis nou 03h15 en Klaas Vakie is op strike! Ek het al gaan tee maak en (saggies, want almal slaap) skottelgoed gewas— dis MAJOR! Want ek haat skottelgoed was!
Toe besluit ek om maar eerder in my warmlugballon te klim en weg te sweef en by elkeen [...]