Antie Koekie

Antie Koekie klim uit die kas!

Posted by: Antie Koekie on: April 12, 2008

Voordat ek verlede Dinsdag, 08/04/08, my desperate “Blogger’s SOS” uitgestuur het vir wenke en raad oor hoe om te blog, het ek gedink dit gaan maar net oor die moets en moenies……

 

Hah! Nou weet ek van beter!

Danksy Roer wat gedink het dit sal help as ek lees wat Da Mario sê oor “Statshoer! (In 10 maklike stappe)” 64 Comments

 kan ek nou uiteindelik uit die kas klim en dit uiteindelik openlik en eerlik te erken:

 

“Goeienaand mense, my naam is Antie Koekie en ek is ‘n Statshoer!”

 

So ja, wat ‘n moerse verligting is dit nou nie. (Nogmaals: Baie dankie, Roer! En Da Mario, jy het dit fantasties uiteengesit!)

 

Ek sal nooit vergeet hoe dit destyds gevoel het om my eerste volwaardige artikel, in swart en wit, onder my eie naam, in ons plaaslike koerant te sien —– Whoa!

Om te dink dat ander mense miskien dit wat ek geskryf het, my gedagtes wat ek neergepen het, gaan lees………………………….’n Orgasmosoriese gevoel!

 

Om te blog “is a totally different ball game”.

 

Toe ek nog as WiseMama geskryf het, het dit altyd gevoel of ek eers moet hare kam en make-up aansit voor ek begin skryf. (Amper soos wanneer mens Egoli kyk; almal is tog so styf en ordentlik!)

Ek was so bang die mense lag omdat ek nie perfekte korrekte Engels skryf nie. Dus was my posts ook maar “far and in between”; uiters frustrerend!

Hoe stupid kan een mens tog wees – dit was ‘n gesiglose skare daarbuite, who really didn’t give a damn! Hallooo!

 

Maar gelukkig vertel Louisa my van WordPress en hierdie floppen ongelooflike Afrikaanse blogging community………………..

Mense wat soos ek dink en skryf, sonder spelreëls en allerhande geite; wat skryf soos hul hart sê en hulle kan dit doen in hul hartstaal, Afrikaans!

 

By die koerant moes elke artikel vanselfsprekend feitelik en taalkundig so korrek as moontlik gewees het. Daar was natuurlik ook ‘n spesifieke styl gewees. Jy kon jou dus net binne ‘n spesifieke raamwerk uitgedruk het.

 

Maar nou……….Anything goes, solank jy dit wat na jou kant toe kom, kan vat.

 

Heerlik!

En nou dat ek uit die kas is, kan ek seker maar eerlik wees en sonder dat ek verder skuldig hoef te voel oor my “addiction”, erken dat ek drie keer per dag kyk of iemand kom inloer het!

AS JY HIER LEES: FENKS-A-LOT!

 

 

15 Responses to "Antie Koekie klim uit die kas!"

Ek like jou styl… sal sommer gereeld kom in loer. :smile:

Hierdie blogging storie is additive! Ek het gou orals kom lees sonder make-up op, dis die teken, ek het ‘n addiction. :D

Welkom, en mag jou hoereerdery groot pret wees….
Lekker blog :lol:

Baie welkom, ek sal gereeld kom inloerr!!

En nou is ek vrek nuuskierig oor daai koerantdae van jou!
;-)

Hallo antie koekie, is jy meer van ‘n koekie of ‘n tertjie. of nie een van die twee nie?

Whoa, julle is GREAT!
Julle het gehelp dat dit my beste dag was, sovêr.
En ek het met soveel stunning mense “gepraat” vandag!

Danksy Wipneus weet ek nou hoe om te comment; byt vas, die res sal volg!

rosalind,
ek weet self nie. As ek ‘n koek is, sal dit ‘n swaar, diepsoet, romerige, verleidelike swartwoud sjokoladekoek wees, so ‘n onheilige dekadente een.
as ek ‘n tert moet wees, sal dit ‘n blueberry cheesecake, met heel bessies wat tussen jou tande vassit of ‘n peppermint yskastert.

dink ek ly aan ‘n gesplete persoonlikheid.
om “antie Koekie” te wees, is net so veilig!

O nee toggie tog!!! Nou is ek honger, gee my daai koek of tert – nee wag ek weet. Pepermintcrisp tert of nee, dubblethick death by chocolate koek… Nee man julle kan mens mos nie so in die versoeking in ly nie… :lol:

Pikkie ek gaan met vakansie vertrek môre, is die koeke en terte nou regtig nodig??? dubblethick death by chocolate, ek het gedog ek is jou maatjie? :(

Antie Koekie, nou gaan ons lekker klets!!

/me soek die naaste ding om julle verleidelike lot meer dood te slaan…

die mos nou nie goed vir eenige vrou se verguur nie! :twisted:

Daar gaan wipneus se dieet….by hook or by koek.

n Antie sonder koeksisters?

Hhhhhhhheeeeeeeeeeeeehhhhhhhhhaaaaaaaaaaaaaaaaaa!!!

/me likes!!!!!

*winks* jy gaat binnekort ook besef hierdie storie is ‘for life’! Elke dan en wan wil ek nie meer nie, tot ‘n dag of wat later, dan’s ek weer TERUG!! Eish!!!

Hehehehe… tx viri link en mention, maar vertel my eers gaan jy daai tien lawwe stappe van my volg?? Want dan sien ek nogal uit na die “Boobie-posts”… ;)

Ernstiger nou, welkom by die Afrikaanse blog-gemeenskap, ons mag mekaar dalk nie altyd like nie, maar ons het darem so ou sagte plekkie vir mekaar so dan en wan!! :lol:

DaMario het gekom, gelees en ‘n gevleuelde comment agtergelaat!

Antie is tog so bly; finally I have arrived!

Vir die “boobie posts” sal jy seker maar moet wag tot volgende National Cleavage Day!
Het gedink Louisa sal local talent gebruik, maar ons was blykbaar geweeg en te lig bevind. (te lig? Hahaha!)
Jou 10 stappe is ‘n wenner!

Hierdie “woord-prostitusie” is verslawend, soos Platterfuss sê: “It’s for life!”

Watter stap was die boobie post? Of is dit ‘n nuwe 1?

Leave a Reply