Antie Koekie

A midnight snack

Posted by: Antie Koekie on: Augustus 21, 2009

Dis nou 23:13; amper middernag en ek is by die werk………………..

Can u believe it?

Maar dis darem 100% vrywillig. Ek doen mos elke Vrydagaand die deurnag show, van middernag tot 06:00.

Nou, ja, dis vanaand weer sulke tyd! Moet sê, in hierdie koue klink my lekker warm bed, met die 2 katte, na ‘n baaaiie beter opsie! Gooi dan sommer nog ‘n ou amarula koffietjie in, net vir groot bederf.

Louisa, stuur asb jou epos adres?

EK SOEK RAAD, ASSEBLIEF?

Ek wil ‘n blog of site begin, waar ek pay-per-click ads kan opsit.

Weet iemand hoe dit werk?

Kan mens dit op jou wordpress blog doen?

Ken julle self iemand wat dit al suksesvol gedoen het?

Kyk, as jy jy ‘n digioot is, is j met hierdie goed so deurmekaar soos ‘n ghekko in ‘n Astro boksie.

Baai for now—— moet gaan musiek maak!

Groete uit my voëltjie nessie.

Posted by: Antie Koekie on: Augustus 19, 2009

Ja, nes julle dink Antie koekie het die emmer geskop, dan surface ek weer soos ‘n badprop!

Hallo, hallo, hallo!

En hoe gaan dit nou met jou? En jou? En die een wat my nou die eerste keer raak lees?

Ek het in my hele bestaan nog nooit so koud gekry soos die afgelope 3 weke—— partykeer kan ek sweer my murg het in my pype gevries!!!

Maar ek sê ook soos daai digter, dis goed om te weet dat in hierdie bittere koue van my bestaan, wag die somer om aan te breek.!

O, vrek, en van gister af is julle Antie mos so moeranties, dis om van naar te word!

Seker maar die saad van die lente wat stadig maar seker besig is om te ontkiem!

 Het my “Senior Tiener” program gister op die radio gewy aan wenke om die wintersdae meer romanties te maak en al sulke nice goed. As jy nie ‘n kaggel het nie, steek jy ‘n moerse klomp kerse aan, sit die verwarmer aan, en die ligte af en speel dan mooi musiek, terwyl julle so aan ‘n ou sjerrietjie suig……………..

 En laasnag het ek van 0:00 tot 06:00, ‘n deurnag program uitgesaai, waar ek toe met die songs op die sisteem, die verhaal van ‘n man en ‘n vrou vertel het.

Was nogal ‘n goeie show, met baie mense wat ingebel het.

Die radio werk is absoluut awesome! Ek geniet dit baie. En ek is nou aangestel as die radiostasie se amptelike nuusredakteur, so, ek werk nou my jis af om vier bulletins ‘n dag te skryf, en ook nog ‘n program aan te bied.

Maar dit hou my uit die kwaad——— borrrringggg!!

 Het nog nie internet by huis, maar sal nou weer by die werk,  op elkeen se sites kom inloer.

So, wees gewaarsku, hou die koffie reg, ek sal die Amarula bring!

Hallo maatjies!Long time no see………

Posted by: Antie Koekie on: Mei 20, 2009

Al my blog maatjies ———— Wees gegroet hier uit ‘n bibberende, bitter koue Hennenman, in die Vrystaat.

Ja, ek is terug in die States, ná presies drie jaar in die mooiste, mooiste Kaap.

Dit voel weird; aan die een kant is alles so gerustellend bekend, soos ‘n paar gemaklike pantoffels. Aan die ander kant voel ek soos ‘n vreemdeling, asof ek ‘n leeftyd weg was.

Ek is elke keer uit my vel bly om ‘n ou bekende sien,hetsy vriendin of net ‘n kennis.

En as ek dan so vreeslik hartlik groet, moet ek partykeer tot my skok uitvind dat die persoon nie eens geweet het dat ek weg was nie———– praat van ‘n vinnige afkom aarde toe!

Soveel dinge het die afgelope paar jaar met my gebeur;my verblyf in die Kaap het my 10 jaar ryper en meer wêreldwys gemaak, en ek voel nou asof ek van ‘n ander planeet kom!

Ek wonder of ekspats wat terugtrek dit ook ondervind, seker net ‘n duisend maal meer intens?

Maar ek is nou hier en my ma is baie bly. Die dag toe ons ná die moordende 1200 km rit op Hennenman stop, het sy net gesê: “Dankie tog! Nou kan ek in vrede doodgaan, ek is naby my graf.”

Hoe absoluut depressing is dit nie! Hoe verskriklik klein is haar wêreldtjie nie, as sy die wonder van Kaapstad en die nabyheid van haar kleinkinders en agterkleinseun, (Luke) sal agterlaat net om naby haar graf te wees………………….

Ons is nou presies ses weke hier en in daardie tyd het vier baie belangrike goed gebeur:

  1. Ek het vir Dellie ontmoet! En sy is stunning verby, met hierdie groot, larger than life persoonlikheid wat jou soos ‘n kombersie omvou!(Dis net haar persoonlikheid wat groot is, nie haar lyfie nie!) Ek kan nie wag om een aand saam met haar te kuier nie———- H.K.G.K!

  2. Ek het die eerste dag wat ek in ons nuwe huis ingestap het, hooikoors gekry in twee vertrekke——- die kombuis en my “loft” (Ja, in ruil vir Tafelberg wat ek moes agterlaat, het Liewe Jesus vir my, my voëltjie nessie gegee! Maar later meer daaroor.) Dit is nou ses weke en ek drink nog steeds Allergex en hoesgoed. Ons kan nie uitvind waarvoor ek so allergies is nie. Hoes myself die hele dag in ‘n koma in— vra maar vir Dellie! Was gister by dokter, want ek kry met rukke glad nie asem nie. Die ontvangs dame sê toe dat ek vir ‘n eerste konsultasie R220 moet betaal. Toe sê dié antie, so al hygende en tussen hoesbuie deur, vir haar: “Dame, ek moet werk om die dokter te kan betaal. Maar ek is te siek om te gaan werk, dit is dus ‘n baie bose kringloop. En net die dokter kan iets daaraan doen.” Toe kry hy my jammer omdat ek so op sterwe na dood in die wagkamer rondhang! En hy sê toe vir my ek het iets soos brongiale spasma en as ek nog ‘n week gewag het, was ek in die hospitaal! Shame, ek hoop julle kry my jammer? Om te dink, vêr van Tafelberg, hondsiek in die skadu van ‘n mynhoop………..! My hoes is bietjie beter, maar die hooikoors is nog steeds daar. Maar ek sal oorleef!

  3. Ek staan nou die dag in ABSA en vergeet my beursie op die rakkie waar ek die strokie ingevul het! Ja, toemaar, ek weet dit was blond verby! Toe ek by kassiere kom en die beursie soek, lê hy nog daar, maar minus al die geld wat ek vir huishuur moes deponeer! Lang storie kort, ek het onmiddellik vermoed dit was die twee blanke dames wat net na my daar gesit het. Die polisie het hulle ook dadelik verdink, en nog dieselfde dag gearresteer. Hulle het beloof om die geld in twee paaiemente terug te betaal. Nou wag en kyk ons maar………..

  4. En die vierde belangrike ding: “Antie Koekie” is nou op die lug!!! Ja, kan julle dit glo? Hier is ‘n gemeenskapsradiostasie op die dorp en ek het eendag daar ingestap en vir die programbestuurder vertel van “Antie Koekie”. Gelukkig vir my, het hy toe so pas die leisels oorgeneem en was op soek na nuwe idees. Wel, hy was mal daaroor! Juliemaand kry ek my eie program, voorlopig is dit op ‘n Vrydagaand. Op die oomblik is ons besig om die luisteraars bekend te stel aan dié antie; ek het al twee keer “inbreuk” gemaak op programme en die oproepers kastig vreeslik ontstig ——–die reaksie was ongelooflik! Die mense bel in en vra wie is die vrou en lewer kommentaar vir Afrika! So, hou duim vas vir my en “Antie Koekie”, OK?

Nou ja, slapenstyd! Ek wag nog in die uiterste afwagting en spanning vir my Telkomlyn, en my internet; gelukkig is die biblioteek se rekenaars beskikbaar!

Baai for now………………

PS! Ek is vanoggend om 08h00 in kennis gestel dat ek, Alta, van Maandag af ‘n vaste uitsaai slot het, 11h00 – 13h00, Maandag tot Vrydag! Can you believe it? Nie as Aantie Koekie, nee, dit kom juliemaand. Whoa!! dis awesome verby!

Daar’s ‘n Gremlin op my PC……

Posted by: Antie Koekie on: Maart 29, 2009

Ek het julle mos gesê daar is ‘n simpel mannetjie op my PC wat nie hou van Antie Koekie!!

Ek publish van gisteraand af, en elke keer wys hy my net die paapi-suki-kaki storie.

En toe my verskriklike oulike slim dogter dit hoor, sê sy: “Maar miskien refresh jou PC nie. Kom ons check op die Blackberry.”

En daar is dit toe———- 5 (vyf!) X dieselfde storie!!

BLOND!!

Skies daarvoor! Kan iemand my GROOT asseblief laat weet hoe de flip mens dit kan delete? En hoekom doen my PC dit?

Dellie, as jy miskien hier lees——– ek’s een van die dae weer in die States en dan kom ek na jou vir klasse, OK?

Dit kom daarvan as geriatrics hulle besig hou met die dinge van ‘n kind!!

My stresvlak is op die stadium sky high——- vêr hoër as my IK!

Ons huisie in Hennenman se deposito is vandag uitgesorteer. (Dankie, liewe Jesus, U is altyd getrou!)

Het ek julle al vertel van ons huisie? Drie slaapkamers, met een kamer op ‘n boonste vloer. M.a.w., my voëltjie nessie, wat my skryfkamer gaan word. En hy het nog ‘n posseëlgroote  balkon ook, wat westekant toe kyk.

Die aftelling Begin…….

Posted by: Antie Koekie on: Maart 28, 2009

Hallo Maatjies,
Dis Saterdag, 28 Maart 2009,
Dis die Begin van die Einde van Antie Koekie se verblyf in die Mooiste, Mooiste Kaap!
Maandag, of as ek dit kan regkry, Dinsdag op die laaste, stop Execu Move se trok voor die deur en sluk al my besitting in. As als goed gaan, spoeg hy dit in Hennenman uit op die 4de April.
Kyk, hierdie antie van julle KEN van trek, maar die Liewe Vader weet, dié een, sal ek nooit vergeet, al word ek 110! Dit het die afgelope ses weke gevoel asof ek net ‘n willose, breinlose dop was, wat deur all die motions gegaan het. Die regte Alta was êrens, diep gebêre. Met die al die chaos in my lewe, kon ek ook skielik nie meer skryf nie; ek het drááie om my PC geloop.
Dit was kompleet asof ek nie die krag gehad het om weereens die ou, ou storie van appelbokse en pak en trek en “new beginnings” te vertel nie. Julle wat my ken, kan die storie al woord vir woord herhaal——- want dit bly elke keer basies dieselfde.
Maar hopelik was alles net praktiese voorbereiding vir ‘n topverkoper oor: “Hoe om te Trek sonder om jou Kop te Verloor”!
Die stories om te vertel, was daar, soos oor my ongelooflike lunch saam met André P Brink (ek het tot foto’s om te deel!), maar dit was asof my ingeboude PC se CPU opgepak het.
But now I’m (again!) alive and well and kicking!

Vroeg vanoggend het ek my contact list op my selfoon so bietjie “aan die kant” gemaak en alle Kaapstad nommers wat ek nooit in my lewe weer sal gebruik nie, afgehaal. En dan loop ‘n ou se kop mos draaie; dan onthou jy die wonderlike plekke en tye waar jy hierdie mense ontmoet en leer ken het.

Omdat ek nie dadelik ‘n landlyn sal hê nie, het ek my epos adres verander; dis nou antiekoekie@gmail.com.

Hierdie trek is vir my ‘n absolute bevrydende ervaring——– ek gooi uit wat voorkom! En nie speel-speel nie—– ordentlik, asof ek dit bedoel! Boeke, kat-ornamente, breekgoed, klere van my maer dae, alles waarmee ek nie weer wil sukkel nie. Wat ek nie kan verkoop, dump ek op Hospice se stoep! (Wens ek kon so 10 kilo’s vet ook daar ge-dump het!)

OK, Maatjies, dis nou al vir vandag, more gesels ons verder.

Ek is half bang om so te sê, want elke keer as ek met ‘n moerse bang aankondig dat al my probleme uitgestryk is en ek nou weer gaan skryf dat die biesies bewe, gebeur daar iets en dan skryf ek weer niks vir ‘n hele maand lank…………….
Is daar dalk ‘n gremlin op my rekenaar wat anti-Antie Koekie is?

Die Begin van die Einde van my tyd in die Kaap.

Posted by: Antie Koekie on: Maart 28, 2009

Hallo Maatjies,
Dis Vrydag, 27 Maart 2009,
Dis die Begin van die Einde van Antie Koekie se verblyf in die Mooiste, Mooiste Kaap!
Maandag, of as ek dit kan regkry, Dinsdag op die laaste, stop Execu Move se trok voor die deur en sluk al my besitting in. As als goed gaan, spoeg hy dit in Hennenman uit op die 4de April.
Kyk, hierdie antie van julle KEN van trek, maar die Liewe Vader weet, dié een, sal ek nooit vergeet, al word ek 110! Dit het die afgelope ses weke gevoel asof ek net ‘n willose, breinlose dop was, wat deur all die motions gegaan het. Die regte Alta was êrens, diep gebêre. Met die al die chaos in my lewe, kon ek ook skielik nie meer skryf nie; ek het drááie om my PC geloop.
Dit was kompleet asof ek nie die krag gehad het om weereens die ou, ou storie van appelbokse en pak en trek en “new beginnings” te vertel nie. Julle wat my ken, kan die storie al woord vir woord herhaal——- want dit bly elke keer basies dieselfde.
Maar hopelik was alles net praktiese voorbereiding vir ‘n topverkoper oor: “Hoe om te Trek sonder om jou Kop te Verloor”!
Die stories om te vertel, was daar, soos oor my ongelooflike lunch saam met André P Brink (ek het tot foto’s om te deel!), maar dit was asof my ingeboude PC se CPU opgepak het.
But now I’m (again!) alive and well and kicking!

Vroeg vanoggend het ek my contact list op my selfoon so bietjie “aan die kant” gemaak en alle Kaapstad nommers wat ek nooit in my lewe weer sal gebruik nie, afgehaal. En dan loop ‘n ou se kop mos draaie; dan onthou jy die wonderlike plekke en tye waar jy hierdie mense ontmoet en leer ken het.

Omdat ek nie dadelik ‘n landlyn sal hê nie, het ek my epos adres verander; dis nou antiekoekie@gmail.com.

Hierdie trek is vir my ‘n absolute bevrydende ervaring——– ek gooi uit wat voorkom! En nie speel-speel nie—– ordentlik, asof ek dit bedoel! Boeke, kat-ornamente, breekgoed, klere van my maer dae, alles waarmee ek nie weer wil sukkel nie. Wat ek nie kan verkoop, dump ek op Hospice se stoep! (Wens ek kon so 10 kilo’s vet ook daar ge-dump het!)

OK, Maatjies, dis nou al vir vandag, more gesels ons verder.

Ek is half bang om so te sê, want elke keer as ek met ‘n moerse bang aankondig dat al my probleme uitgestryk is en ek nou weer gaan skryf dat die biesies bewe, gebeur daar iets en dan skryf ek weer niks vir ‘n hele maand lank…………….
Is daar dalk ‘n gremlin op my rekenaar wat anti-Antie Koekie is?

My Paapi suki my kaki!

Posted by: Antie Koekie on: Maart 4, 2009

Ek moet julle eers gou vertel wat verlede Maandag gebeur het.

Dit was so seker half sewe se kant toe ek wakker word van hierdie moerse commotion—– deure slaan toe, mense skree op mekaar, kinders huil en honde blaf……….

Als goed wat ‘n mens beslis NIE so vroeg op jou nugter maag wil hoor nie en definitief ook nie hoe Dr. Phil sou aanbeveel dat jy jou week begin nie!

Ek het eers later die aand die storie gehoor………………

Toe my dogter by die venster uitkyk om te sien wie vermoor word, sien sy die volgende:

‘n Man staan by sy bakkie en slaan die deur toe met al sy mag, terwyl hy skree: “Ek is 34 jaar oud en ek is nie nog lus vir kinderkak nie!!”

Met dié, hol die kleintjie, seker so vyf, ses jaar oud, die pad op, al skreeuende: “My Paapie issie lus my kaki!”

En die arme ma, met wapperende japon agterna: “Toemaar, my Liefie, dis nie wat jou pa bedoel nie!”

Ek wens ek het die vermoë gehad om die prentjie vir julle teken soos wat ek dit beleef het!

Ek het seker amper ‘n uur lank onbeheersd gelag!

Kan julle dink wat deur daardie kleintjie se kop gegaan het? Ek bedoel, hoekom is sy pappie dan nou nie meer lus vir sy poefies nie?

Sou darem wát wou gee om te weet wat dit is wat die arme man se Maandag én sy week, so behoorlik opgefoeter het………………….

Die Lewe maak ‘n mens “Size”!

Posted by: Antie Koekie on: Maart 2, 2009

Die enigste ding wat vandag in my kop is, is “Nog ‘n Groot Trek”, hierna genoem: N’nGT.

 Maar ontspan, ek sal nie weer so ‘n boks-vir-appelboks verslag lewer soos met die vorige trekke nie.

Maar terwyl ek vandag so loop en plannetjies maak, onthou ek ‘n gesprek wat ek vandag, presies ‘n week gelede, op Stellenbosch met Sonja gehad het.

Sonja is Aunt Rina, my ma se ou buurvrou van Hennenman, se jongste dogter. Sy en haar gesin bly nou ook presies drie jaar in die Kaap en het nou besluit, genoeg is genoeg——— Hennenman roep!

En toe ons verlede week gaan groet, vra ek met opregte belangstelling, uit die diepste van my wese: “Verduidelik asse-flippen-blief tog net vir my: Wáárom, hoekóm, om watter rede op aarde, sal énige mens willens en wetens die Kaap verlaat vir die Vrystaat (of enige ander plek, waar ook al!)?”

Sonja het verduidelik: van genoeg van die stadslewe en verlang na eie mense en al sulke onverstaanbare goed, maar ek (ja, EK, wat Antie Koekie is en gister se post self geskryf het!!), ek raai haar toe aan om eers dokter toe te gaan, want ek vermoed sy ly aan ‘n ernstige hormoon-versteuring of so-iets!

Ha! Ek is doodseker dat ons Liewe Vader, wat ‘n wonderlike sin vir humor het (dis waarom Hy baba katjies so kordaat gemaak het), stilletjies vir my gelag het!

Want nét vier dae later, ondergaan ek ‘n paradigma skuif van epidermiese proporsies in my denke!

Net vier dae later, toe ek besef dat my versigtig-saamgestelde ondersteuningsnetwerk van my kinders naby my, binne die volgende paar weke inmekaar gaan foeter en ek en Ouma alleen gaan agterbly, toe doen ek onbewustelik ‘n back summersault.

Kyk, dis vreeslik wonderlik om by die deur uit te kyk en Die Berg te sien, maar as Skoonseun nie daar is om gou my PC se nuk reg te maak, gaan Die Berg niks help! En Blouberg se brandertjies gaan my nie help om gate te boor om prente op te hang, en, en, en…………

Dis toe dat ek sommer hardop vir myself begin lag en ek dink aan my oom wat altyd gesê het die lewe het ‘n manier om ‘n mens so maklik “size” te maak…………..

Wel, Maatjies, Antie is “size” gemaak en ordéntlik daarby!!

 

Die Winde van Verandering waai weer Stormsterkte!

Posted by: Antie Koekie on: Maart 1, 2009

Dis Sondag, die eerste dag van Maart en julle favourite Antie is (alweer!!) in ‘n flat spin, like you won’t believe it! (Hoekom voel dit vir my asof ek daai woorde al voorheen gesê het?) Kom ek verfris net die geheue: Mrt. ’06 trek ons (ek & Ouma) Kaap toe, om by Seun te kom bly. Hy wou nooit trou; ek sou vir myself sorg met skryfseltjies en smouswerk en vir hom huishou en Ouma se mynpensioen sou haar voorsien van pille, tjoklits en elke week se Vrouekeur! In teorie: 100%; Pragtig! Maar John Lennon het mos gesê dat “Life is what happens while you are making other plans.” Of iets in dier voege! Well, life happenend——– Cupido het Seun getref! Met die mooiste ou meisietjie, ‘n hele 11 jaar jonger as die amper verstokte oujongkêrel! Nogal met haar eie woonstel, aan Pa se huis, so dit was ‘n logiese skuif na haar nessie toe. Dogter en skoonseun se woonstel word verkoop en ons besluit om maar, weens finansiële oorwegings, saam nes te skrop, totdat……….. Wel, “totdat” is nou hier! Slim, hardwerkende, ambisieuse Dogter het 99% ‘n bestuurspos ver van hier losgewerk (letterlik, dag en nag, 24/7 ALLES ingesit in wat sy doen!). Ek gun my kind dit! As daar een mens is wat die erkenning verdien, dan is dit sy! Maar dis nou hier waar hierdie pragtige legkaart se stukke so bietjie erg deurmekaar raak. Julle Antie Koekie het mos een moerse flaw in haar samestelling. Behalwe dat sy ‘n liefdevolle omgee-mens is, wat altyd ander se einas wil gesond maak, het sy geen, maar absoluut géén finansiële ambisie of dryfkrag of die droom om eendag met Donald Trump op die aandelebeurs te kompeteer nie. Glad en geheel en al nie!! Ek wou nog nooit (stink)ryk wees nie. Al wat ek nog altyd begeer het, is genoeg geld vir boeke,tydskrifte, CD’s, scrapbooking goeterjies, katkos, airtime, internet, petrol en so nou en dan, ‘n nuwe lipstiffie. O, ja, en vir ‘n goeie fliek of ‘n nuwe opvoering sal ek ‘n week lank brood en cup-a-soup eet, sonder probleme. In Welkom kon ek en Ouma oorleef, so op ons eie saam. Hier in die Wes-Kaap? Nie ‘n tiekie se kans nie! En met ‘n huishuur van R5000 wat wag, help dit ook nie eens ek ry tot waar ek Die Berg kan sien, en dit my gewoonlik beter voel laat nie! Die wrede werklikheid is dat ek moet kies. Aan die een kant is Die Berg en Bloubergstrand en die wonderlike Kaapse winde, en dan die gepaardgaande 08h00 – 18h00 sit in ‘n kantoor, ses dae van die week, teen ‘n salaris wat net-net genoeg is, en my ma wat elke dag alleen sal wees tot ek donker huis toe kom. Aan die ander kant is daar die bekende Goudveldse vlaktes, met goedkoper behuising, die hulp en liefde van familie en ou bekende en geliefde vriende; moontlik weer werk as Antie van die Koerant en miskien ‘n ander opsie wat opduik? Antie Koekie het dus gister, in beginsel en met baie trane, die besluit geneem om terug te trek na haar geboorte grond. Die logistieke van my besluit laat die destydse Bybelse trek deur die Rooi See lyk na ‘n sondagskool piekniek. Ek het nie ‘n benul van wat, waar, hoe, of wanneer en waarheen nie. Ek weet net ons moet huis toe gaan. Ons trek hierheen was vir my as mens, die beste ding wat ek kon gedoen het. Ek het 10 jaar wyser geword in hierdie drie jaar. Daarvoor sê ek “Baie Dankie”! Dit is immers hiér wat ek, deur Louisa se toedoen, leer Blog het…….. So, Maatjies, ek stuur my posadres vir enige donasies van tissues (vir die trane) en tjoklits (vir die troos) en rooi wyn (vir die pyn)! Die appelbokse sal ek maar self by Fruit n Veg gaan haal ———- hulle kén my mos al teen die tyd……………

Antie Koekie is op ‘n High!

Posted by: Antie Koekie on: February 8, 2009

Kyk Maatjies, julle Antie is vandag op ‘n high like you won’t believe it!!!
En voor julle nou weer enige idees kry———– nee, dit is niks X-rated goed nie! Ek en my liefie is mos half ordentlik!
O, ja, ek beter hom seker ‘n naam gee, nê? Wel, sy naam begin ook met ‘n A, en hy is my Nommer een, dus…………… “A-One”! Vrek, nee! Dit klink te veel soos ‘n Bar-One!
Sal maar by “Liefie” bly, of wat sê julle? (Red nou ‘n nasie met sulke oorspronklikheid!!)

In elk geval, vandag, hierdie sewende dag van Februarie 2009, was ‘n dag van Groot Gebeurlikhede vir my.
Nr.1: Ek, Antie Koekie, het vandag op 55 en ‘n halwe jaar, geleer swem!!! En ge-float! Sonder om te sink!
Nee, moe-nou-nie jou stukkend lag nie, dis ernstige sake!
Ek was nog op laerskool toe ‘n simpel seunskind my agteroor gedip het. En vir my, Julie-baba, Kreef, waterteken, was dit soos die doodstraf!
Menige dapper held het al probeer om my te verander in ‘n vis in die water; almal begin altyd met die standaard: “Lê agteroor op my hande, ontspan en gee jou oor aan die water.” So maklik. Nê?
Die oomblik dat ek moet ontspan word ek so styf soos ‘n stok en dan sink ek soos ‘n vis!
En dan’s die swemles in sy kanon in!
Vandag was dit nou regtig BLOEDIG warm in die Kaap. Die kompleks waar ons bly het ‘n parkie met ‘n oulike swembad en toe die kinders vanmiddag besluit om te gaan swem, het ek en Liefie besluit om ook so te maak.
Nou moet julle verstaan, julle favourite Antie het laas ‘n swenkostuum gehad toe ek nog ‘n lyf gehad het. Ek kon nog nie een kry wat cater vir my Unique Physique! (Of wat my so maer en sexy laat lyk soos desjare………!)
Maar niks fout met ‘n short en camisolerige toppie nie—— die doel heilig die middele!
Die water was ongelooflik; die jongmense wat ook daar was, kon nie glo dat so ‘n “ou tannie” nie kan swem nie——– ‘n sesjarige dogtertjie het tot aangebied om te help!!!!!
Maar Liefie het gesê: “Voor ons huistoe gaan sal jy swem.”
En ek het gespartel en geprobeer en gesink en watergetrap soos ‘n seekoei met malkoeisiekte.
En toe skielik, onverwags, vorder ek een tree vorentoe en toe nog ‘n tree en nog een……
Toe gil ek dat die bure oor die straat se honde begin blaf: “Ek het geswem!”
O, dit was AWESOME verby!!
Kyk, dis nou glad nie vreeslik sierlik en grasieus nie; dit lyk baie soos wanneer ‘n krokodil spook om sy buit diepwater toe te vat!
But who cares!
Ag, genade, almal was tog so beïndruk met my!
Die drywery het bietjie geneuk. Dit het glad nie gehelp dat almal óm my penskant bo omgedop het nie—– ek het gesink!
Laatmiddag sit Liefie toe op die kant saam met die ander en hulle ruil grappies uit. Die gespook om nie te verdrink nie het my lekker moeg gemaak. Ek leun toe so terug in die water, terwyl ek aan sy voete vashou, en lê so met toe oë en luister na al die bollie wat hulle kwytraak
En skielik, uit die bloute besef ek dat ek besig is om te dryf………
Whao! Mense, kan julle begín om te begryp hoe ek gevoel het?
Die één ding wat ek nog my hele lewe lank begeer het om te kan doen, het ek vandag gedoen!

En dit voel FLIPPEN goed, glo my!